Nuus 12:00
BULLETIN 21 Mei 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Steenhuisen beklemtoon billike grondvergoeding te midde van Amerikaanse gesprekke
# Minister Ramokgopa sê steenkool sal die ruggraat bly van Suid-Afrika se energiestelsel
# En die wêreld vier vandag die tweede gewildste drankie
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het herhaal dat grondvergoeding billik en onpartydig moet wees, in ooreenstemming met Artikel 25 van die Grondwet. President Cyril Ramaphosa vergader vandag met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, en Steenhuisen het die noodsaaklikheid beklemtoon om grondbesit-wanbalanse verantwoordelik aan te pak, voedselsekerheid te verseker en eiendomsregte te handhaaf. Hy het die regering se verbintenis tot billike vergoeding in grondhervormingsplanne bevestig:
Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, het intussen ‘n werksgroep van 12 lede aangestel om die uitwerking en gevolge te ondersoek na die onttrekking van Amerikaanse fondse. Dit raak noodsaaklike MIV-verwante dienste in Suid-Afrika. Die groep se voorsitter is die gewese visekanselier van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Derrick Swartz. Nzimande het aan eNCA gesê die werksgroep sal ook geopolitieke risiko’s ondersoek en strategieë aanbeveel om die land te beskerm:
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika sal voortgaan om in die afsienbare toekoms steenkool as deel van sy energiemengsel te gebruik. Steenkool-kragstasies wek 85-persent van die land se elektrisiteit op, wat Suid-Afrika die grootste vrysteller van kweekhuisgasse in Afrika maak. Ramokgopa sê steenkool sal die energiestelsel se ruggraat bly, nie uit miskenning van klimaatsverpligtinge nie, maar weens ekonomiese en infrastruktuur-werklikhede. Hy sê hulle gebruik tegnologie om steenkoolkragstasies se vrystellings te bekamp.
# Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Novak Djokovic, is nie haastig om ‘n nuwe afrigter te kry voor die Franse Ope nie. Sy en nog ‘n gewese nommer-een, Andy Murray, se paaie het onlangs geskei nadat hulle ses maande saamgewerk het. Die 24-malige Grand Slam-kampioen is ʼn promotorskeuse vir die Geneefse Ope, waar hy probeer om sy 100ste toervlak-titel te beklink. Hy speel vandag teen die Hongaar Marton Fucsovics. Djokovic sê hy kon niks meer uit sy vennootskap met Murray kry nie:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-87-sent teen die dollar, 20-rand-24-sent teen die euro en 23-rand-96-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 106-duisend-436-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-308-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 65-dollar-65-sent per vat.
# En laastens, vandag is Internasionale Teedag, wat in 2019 deur die Verenigde Nasies erken is om die kulturele, ekonomiese en sosiale betekenis van tee wêreldwyd te vereer. Tee is een van die wêreld se oudste drankies en word naas water die meeste gedrink. Daar word beraam dat drie-miljard koppies tee wêreldwyd per dag gedrink word. Sri Lanka, lank bekend vir die produksie van van die wêreld se beste tee, drink die meeste, gevolg deur Argentinië en Turkye.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….