Nuus 12:00
BULLETIN 9 April 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Staatsaanklaer Billy Downer ontken die staat se beskrywing van Zuma se vervolgingstrategie het rassistiese ondertone
# Cosatu hoop op tasbare uitkomste van die eerste nasionale polisieberaad
# En die agste Mission Impossible-fliek maak sy buiging op die Cannes-rolprentfees
# Staatsaanklaer Billy Downer ontken oudpresident Jacob Zuma se bewering dat die staat se beskrywing van sy Stalingrad-strategie rassistiese ondertone bevat. Zuma en die Franse wapenvervaardiger, Thales, het ‘n hofaansoek ingedien om die korrupsiesaak rondom die wapentransaksie teen hulle te laat vaar weens onredelike vertragings. Downer sê in hofstukke hy is verstom oor die bewering dat die staat se omskrywing van Zuma se mislukte aanvalle op sy vervolging rassisties is. Hy voeg by enige redelike waarnemer sal sien daar steek geen waarheid in die bewering nie.
# Cosatu sê die eerste nasionale polisieberaad vind plaas in ‘n tydstip dat die land ‘n dringende behoefte het aan werkbare ingrypings om die hoë misdaadvlakke te bekamp. Die driedaagse geleentheid is in Johannesburg aan die gang. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê hulle hoop die beraad is nie nog ‘n onproduktiewe gepratery nie, maar dat dit opbouende uitslae sal oplewer:
# Die Vereniging van Staatsamptenare het teleurstelling uitgespreek omdat die regering sy sperdatum misgeloop het om puttoilette by 141 skole te verwyder. Die vakbond sê die voortgesette teenwoordigheid van hierdie toilette bedreig die veiligheid en waardigheid van leerders en onderwysers. Claude Naiker van die vakbond sê hoewel 175-miljoen-rand opsy gesit is vir vertraagde projekte, is verdere befondsing en ‘n duidelike plan dringend nodig om die krisis aan te pak:
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Stefanos Tsitsipas van Griekeland, is deur na die derde ronde van die Monte- Carlo-meesterstoernooi. Die driemalige kampioen het die Australiër Jordan Thompson in drie stelle geklop. Die Italianer Matteo Barrettini het die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev van Duitsland, ook in drie stelle uitgeskakel om die grootste ranglys-sege van sy loopbaan te behaal. Die kampioen van Indian Wells, Jack Draper van Brittanje, het die kleibaanseisoen op indrukwekkende wyse begin deur die Amerikaner Marcos Giron 6-1, 6-1 te verslaan.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-68-sent teen die dollar, 21-rand-69-sent teen die euro en 25-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-279-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-49-dollar-30-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 60-dollar-74-sent per vat.
# En laastens, die agste rolprent in die ikoniese Mission Impossible-franchise, Mission: Impossible – The Final Reckoning, maak volgende maand sy eerste amptelike buiging op die Cannes-rolprentfees in Frankryk. Tom Cruise is weer in die rol van Ethan Hunt saam met sy medespelers, Angela Bassett, Hayley Atwell, Ving Rhames en Simon Pegg. Cruise en die regisseur en skrywer, Christopher McQuarrie, sal die première bywoon, wat Cruise se derde keer in Cannes sal wees. Die fliek word op 23 Mei wêreldwyd vrygestel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….