Nuus 12:00
BULLETIN 8 April 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA gaan nie voorstelle oor die regering van nasionale eenheid oorweeg voor belastingverhogings geskrap is nie
# Kaapstad se burgemeester word aangekla van magsmisbruik
# En ‘n tweede kind sterf aan masels in Texas
# ActionSA sê hy sal geen oorweging gee aan die regering van nasionale eenheid voor die BTW-verhoging en wysigings aan die inkomstebelasting-kerf nie opgelos is nie. Volgens mediaberigte is daar gister tydens die ANC se werkskomiteevergadering onder andere voorgestel dat die koalisieregering verander word om ActionSA in te sluit. Die party se woordvoerder, Matthew George, sê hulle het geen kommunikasie in dié verband van die ANC ontvang nie:
Die politieke ontleder Daniel Silke sê intussen as die regering van nasionale eenheid oorleef, sal dit gebroke, onbestendig en relatief wisselvallig wees. Die krake is aan die verdiep terwyl die ANC en die DA van mekaar verskil oor die begroting. Silke sê eerder as om die DA uit te skop, sal die ANC uiteindelik toegee aan die eise van die privaat sektor om met die DA saam te werk om te verseker die regering stort nie in duie nie. Hy glo ‘n samehangende plan is nodig vir die koalisieregering om te slaag.
# ‘n Kaapstadse inwoner het ‘n formele klagte teen die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, gelê en beweer hy misbruik sy mag en maak hom skuldig aan teistering. Suzette Little van GOOD sê hulle het die kantoor van die munisipaliteit se speaker genader om te bevestig dat belastinggeld nie gebruik sal word om die burgemeester te verdedig as hy van teistering aangekla word nie:
# ‘n Tweede kind is aan masels dood terwyl ‘n uitbreking van die hoogs-aansteeklike virus in die weste van Texas vererger. Die skoolgaande kind was nie ingeënt nie, het geen onderliggende gesondheidsprobleme gehad nie en was in die hospitaal weens komplikasies van masels. Die suidelike Amerikaanse staat het tot dusver vanjaar meer as 480 maselgevalle aangeteken en bykans almal was mense wat nie ingeënt is nie. Die VSA het in 2000 verklaar masels is uitgeroei. Uitbrekings het egter gegroei met al hoe meer mense wat teen inenting gekant is.
# Sokker: Southampton het sy hoofafrigter, Ivan Juric, afgedank nadat hulle uit die Engelse Premierliga gerelegeer is. Southampton se relegasie het in rekordtyd plaasgevind na Sondag se nederlaag van 3-1 teen Tottenham. Die span, wat onderaan die punteleer is, het 25 van hulle 31 top-ligawedstryde verloor. Southampton, wat verlede seisoen die Kampioenskap se uitspeelstryd gewen het, se relegasie met nog sewe wedstryde oor gee hom ‘n onwelkome Premierliga-rekord. Derby is in 2008 gerelegeer met ses wedstryde oor en Huddersfield in 2019, ook met ses oor.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-48-sent teen die dollar, 21-rand-32-sent teen die euro en 24-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-103-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-6-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-66-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….