Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 12 Januarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die uitkoms van Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel kan jare neem
# Kredietverskaffers hou ‘n risiko in vir die land om van die gryslys verwyder te word
# En, krieket: Yorkshire Krieket se uitvoerende hoof verdedig omstrede oorname
# Die Ceasefire Centre for Civil Rights verwag dat dit lank sal duur voordat ‘n beslissing bereik word of Israel in Palestina dade gepleeg het wat op volksmoord neerkom. Suid-Afrika het gister sy volksmoordsaak teen Israel in die Internasionale Geregshof in Den Haag in Nederland voorgelê, en Israel antwoord vandag daarop. Die organisasie se direkteur, Mark Lattimer, sê die hof sal nou slegs voorlopige maatreëls soos ʼn verbod of tussentydse bevel oorweeg. Dit kan egter jare duur voordat ʼn besluit oor die meriete van die saak geneem en ʼn finale uitspraak gelewer word.
Die Al Jama-Ah-party het intussen die Suid-Afrikaanse regspan geprys vir die aanbieding van ‘n sterk saak teen Israel voor die Internasionale Geregshof. Die party is egter teleurgesteld dat die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, Hamas se optrede onregverdig veroordeel het tydens sy aanvalle op Israeliese grondgebied op die sewende Oktober. Die partyleier, Ganief Hendricks, sê die vraag is of dit selfverdediging was as gevolg van die feit dat Palestina al 75-jaar lank beset word:
# Suid-Afrikaanse kredietverskaffers is ‘n wesenlike struikelblok vir die land se verwydering van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys. Hul stadige aanvaarding van regulasies van die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum kan ernstige strawwe tot gevolg hê. Die uitvoerende hoof van Debtsource, Frank Knight, waarsku ‘n gebrek aan nakoming onder kredietverskaffers, insluitend groot internasionale instellings, kan nie net tot finansiële gevolge lei nie, maar ook Suid-Afrika se beeld skaad. Dis van kardinale belang om die sperdatum van 1 Desember na te kom om die land van die gryslys te laat ontsnap.
# Klimaatsverandering bedreig lietsjie-produksie in Suid-Afrika. Volgens die Landbounavorsingsraad het ongekende storms en hittegolwe boere beïnvloed, wat gesprekke op die tweede jaarlikse Lietsjie-kultivardag uitgelok het. Oplossings vir sektor-uitdagings is ondersoek, met die klem op landbouverwerking en die ontwikkeling van nuwe kultivars vir uitgebreide produkbeskikbaarheid. Ten spyte van uitdagings oor klimaatsverandering, bly die raad daartoe verbind om lietsjies van hoë gehalte te produseer. Die geleentheid het ingevoerde kultivars en lietsjie-gebaseerde produkte ten toon gestel, met die doel om boere toe te rus met nuwe vaardighede vir doeltreffende plaasbestuur.
# Krieket: Die uitvoerende hoof van Yorkshire Krieket, Stephen Vaughan, het die besluit verdedig om die omstrede konsortium onder leiding van Colin Graves toe te laat om die klub oor te neem in die lig van sy benarde finansiële posisie. Die klub is tydens Graves se vorige termyn as voorsitter by Yorkshire van 2012 tot 2015 beboet omdat hy nie teen die sistemiese gebruik van diskriminerende of rassistiese taal opgetree het nie. Vaughan het aan die BBC gesê uit meer as 350 moontlike beleggers was Graves-hulle se aanbod die enigste haalbare opsie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-57-sent teen die dollar, 20-rand-38-sent teen die euro en 23-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 45-duisend-820-dollar-5-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-38-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-32-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….