Nuus 12:00
BULLETIN 25 Maart 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering word gevra om ras-gebaseerde wette terug te trek of apartheid se Bevolkingsregistrasiewet weer in te stel
# Die DA wil ‘n ondersoek hê oor lughawens- en lugverkeers-navigasie-kwessies
# En rugby: Die Springbok Willie le Roux is ‘n maand buite aksie na ‘n skouer-operasie
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge vra die Parlement om ‘n wetsontwerp te aanvaar waarvolgens rassewette afgeskaf word, of die apartheid-era se Wet op Bevolkingsregistrasie weer in te stel. Hy het reeds begin steun werf onder parlementslede en ‘n openbare versoekskrif van stapel gestuur ter ondersteuning van die wetsontwerp. Hermann Pretorius van die instituut voer aan dat rasgebaseerde wette steeds voortbestaan ondanks die herroeping van die wet in 1991, wat onsekerheid en diskriminasie veroorsaak. Hy meen die Parlement moet besluit of hy rasseklassifikasie wil toelaat of gelykheid wil voorstaan.
# Die DA sê die toenemende voorkoms van probleme met lugverkeersnavigasie-stelsels, lugverkeersbeheer-vermoënskwessies en die agteruitgang op lughawens vereis behoorlike ondersoek-oorsig en rekenskap. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het ‘n verslag ontvang van ‘n paneel kundiges oor die mislukkings van Lugverkeersnavigasiedienste. Chris Hunsinger van die DA sê die verslag het gapings in veiligheidspraktyke en betroubaarheidskwessies in lugverkeermonitering uitgewys:
# Die Stad Kaapstad se Openbare Noodkommunikasiesentrum het binne 48-uur 57 voertuig- en voetgangerongelukke aangemeld vergeleke met 41 die vorige naweek. Altesaam 322 mense is in hegtenis geneem en duisende boetes uitgereik vir verskeie oortredings. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê ‘n taxibestuurder het Sondag ‘n botsing veroorsaak op die kruising van Jakes Gerwel-rylaan en Viking-weg waarby vier ander voertuie betrokke was en nege mense beseer is:
# Rugby: Die Springbok-heelagter Willie le Roux se skouer is geopereer en hy sal na verwagting ‘n maand lank buite aksie wees. Dis ʼn groot slag vir die Bulle se afrigter, Jake White, wat reeds bekommerd is dat die voorspelers Cameron Hanekom en Johan Grobbelaar nie Saterdag beskikbaar sal wees vir hul Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Zebre in Pretoria nie. Grobbelaar sukkel met ʼn skouerbesering terwyl Hanekom ‘n stamp gekry het in die oorwinning oor Leinster. Die Bulle is tans derde op die VRK-punteleer.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-26-sent teen die dollar, 19-rand-69-sent teen die euro en 23-rand-58-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 86-duisend-581-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-15-dollar-43-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-67-sent per vat.
# En ten slotte: Die ikoniese Suid-Afrikaanse sangeres, Yvonne Chaka Chaka, het haar 60ste verjaarsdag gevier deur saam met Shoprite Sixty60 voedselitems aan bejaarde inwoners van Soweto te oorhandig. Die sakke met noodsaaklike kosvoorrade was ʼn geskenk aan bejaardes wat ʼn integrale deel van Soweto se geskiedenis is. Chaka Chaka het aan Newzroom Afrika gesê die vieringe gaan voort met ʼn konsert met spesiale gaste op 6 April:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….