Nuus 12:00
BULLETIN 20 Maart 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Mantashe sê die ontwikkeling van Suid-Afrika se gas- en oliepotensiaal kan sake ingrypend verander
# Cosatu vra die Reserwebank om die rentekoers vandag te verlaag
# En ‘n regstryd vererger met Wanatu wat Tshwane se owerhede beveg oor e-taxipermitte
# Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, het herhaal dat die ontwikkeling van Suid-Afrika se olie- en gaspotensiaal ekonomiese groei ingrypend kan verander. Ondersoeke het bevind dat Suid-Afrika se kus- en aangrensende water sowat nege-miljard vate olie bevat, plus ‘n verdere elf-miljard vate gelykstaande aan natuurlike gas. Mantashe sê met die toenemende vraag na natuurlike gas handel die regering vinnig die Gasmeesterplan af om ‘n bestendige en groeiende ekonomie te bereik. Hy sê die plan is ontwerp om die bestaande energiebeleid aan te vul.
# Cosatu moedig die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee aan om die terugkoopkoers met 25-basispunte te sny wanneer hy vandag sy besluit aankondig. Sommige ekonome glo die koers sal dié keer onveranderd bly, terwyl ander glo daar is ruimte vir nog ‘n verlaging van 25-basispunte. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê ‘n verlaging sal werkerklasgesinne help om die huidige hoë lewenskoste te hanteer:
# ‘n Regstryd tussen die e-taxiplatofrm Wanatu en Tshwane se owerhede raak erger. Die maatskappy se hofstryd volg op die beslaglegging op twee van sy voertuie deur Tshwane se Metropolisie. Die saak plaas die Nasionale Padverkeerswet onder die soeklig. Meer as 20-duisend e-taxibestuurders wag nog op hulle padvervoerpermitte, en nuwe permitaansoeke is opgeskort. Wanatu glo ‘n hofbevel in hulle guns kan ‘n groot regs-presedent skep, wat die owerhede sal dwing om die permitkrisis regverdig te hanteer.
# Die Suid-Afrikaanse lugredery Airlink brei sy streeksbedrywighede uit. Vanaf 1 April sal ‘n nuwe roete in werking tree tussen Kaapstad en Gaborone in Botswana, met vlugte drie keer per week. Vlugte tussen Johannesburg en Nairobi in Kenia sowel as tussen Johannesburg en Lusaka in Zambië sal vanaf 30 Maart vermeerder. Die bykomende vlugte na Nairobi sal nagdienste insluit, terwyl die vlugte na Lusaka na 21 per week uitbrei. Uittredende uitvoerende hoof Rodger Foster sê die uitbreidings is gemik op die verbetering van die aansluitingsvlugte vir sake- en ontspanningsreisigers regoor Afrika.
# Atletiek: Die tienersensasie Bayanda Walaza het gisteraand die Suid-Afrikaanse Onder-20-rekord in die 200-meter verbeter op AtletiekSA se Grand Prix-byeenkoms in Johannesburg. 2024 se Olimpiese silwermedaljewenner het die item gewen in ‘n nuwe persoonlike beste tyd van 20,08-sekondes, 0,02-sekondes vinniger as Clarence Munyai se nasionale rekord van 20,10 in Maart 2017. Lucky Moleyane was tweede, met die voormalige Wêreldkampioenskap-finalis Luxolo Adams derde. Walaza sê hy werk deurgaans om te verbeter:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-14-sent teen die dollar, 19-rand-72-sent teen die euro en 23-rand-53-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 85-duisend-899-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-40-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-99-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….