Nuus 12:00
BULLETIN 12 Maart 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Absa se tussentydse uitvoerende hoof waarsku Suid-Afrika om spanning met Amerika te verlig
# Duitse maatskappye is optimisties oor inkomstegroei in Suid-Afrika
# En wêreldleiers verwelkom Oekraïne se aanvaarding van ‘n Amerikaanse voorstel vir ‘n skietstilstand met Rusland
# Absa se tussentydse uitvoerende hoof, Charles Russon, sê die regering moet alles in sy vermoë doen om die spanning met Amerika te verlig. President Donald Trump het ‘n uitvoerende bevel onderteken om hulpverlening aan Suid-Afrika op te skort weens die land se onteieningsbeleid en die behandeling van Afrikaners. Die Amerikaanse bankreus JP Morgan het Suid-Afrika se aandele afgradeer weens onsekerheid oor diplomatieke bande en ekonomiese hervorming. Russon sê markte en die beleggingsgemeenskap hou nie van onsekerheid nie. Hy erken die herstel van verhoudings sal nie maklik wees nie.
# Duitse maatskappye is optimisties oor inkomstegroei in Suid-Afrika vir vanjaar. Vier-en-sestig-persent van die maatskappye wat aan KPMG-Duitsland en die Suider-Afrikaanse-Duitse Kamer van Handel en Nywerheid se peiling deelgeneem het, verwag dat verkope in 2025 sal styg. In die Suider-Afrikaanse streek is die syfer 58-persent. Benedikt Herles van KPMG het aan die SABC gesê Suid-Afrika beskik oor nywerhede met ‘n hoë groeipotensiaal:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Geel vlak 4 waarskuwing uitgereik vir skadelike wind oor die grootse gedeelte van die Wes-Kaap vir vanaand tot Vrydag. ‘n Sterk suidoostewind word tussen Saldanhabaai en Plettentbergbaai verwag. Die woordvoerder van Kaapstad se Ramp-risikobestuur, Sonica Lategan, sê die moontlike uitwerking is onder meer ontwortelde bome, skade aan dakke en ‘n groter gevaar van weghol-veldbrande:
# Wêreldleiers het Oekraïne se besluit verwelkom om ‘n Amerikaanse voorstel vir ‘n skietstaking van 30-dae met Rusland te aanvaar. Die Franse president, Emmanuel Macron, het die vordering verwelkom, maar sê Kiëf benodig stewige sekerheidswaarborge vir enige skietstaking. Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê dit is ‘n belangrike oomblik vir vrede in Oekraïne. Die Europese Unie se hoof van buitelandse beleid, Kaja Kallas, sê Rusland moet nou wys hy is gewillig om vrede te handhaaf:
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, is deur na die kwarteindronde van die Indian Wells-meesterstoernooi in Amerika. Die wêreld-nommer-twee, wat probeer om die eerste te vrou te word om die toernooi drie keer te wen, het die Tsjeg Karolina Muchova 6-1, 6-1 afgeransel. Elina Svitolina van Oekraïne het die Amerikaner Jessica Pegula verslaan. In die mansafdeling het Holger Rune van Denemarke met die Griek, Stefanos Tsitsipas, afgereken en sy wenlopie van sewe wedstryde beëindig.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-33-sent teen die dollar, 20-rand-1-sent teen die euro en 23-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-356-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-917-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 69-dollar-65-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….