Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Januarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa het vertroue in Suid-Afrika se saak teen Israel
# Student Forum 4 Service Delivery herhaal oproep aan regering om NSFAS te skrap
# En, tennis: Tennis Australië geroskam oor sy toedeling van promotorskeuses vir die Grand Slam
# President Cyril Ramaphosa sê hy is vol vertroue dat Suid-Afrika ‘n sterk saak teen Israel het. Die kwessie word môre en Vrydag in die Internasionale Geregshof in Den Haag aangehoor. Suid-Afrika beskuldig Israel van volksmoord in sy oorlog in Gaza. Ramaphosa het gister tydens ʼn besoek aan die koningshuise van Amandebele gesê dis ʼn saak van menslike en algemene geregtigheid en dat die volksmoord wat volgens hom in Gaza ontwikkel, onmiddellik gestop moet word:
# Die Student Forum 4 Service Delivery doen weer ʼn beroep op die regering om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente te skrap. Dit volg na bewerings teen die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Blade Nzimande, en die skema se raadsvoorsitter, Ernest Khosa. Die forum sê ʼn sagte benadering is nie meer aanvaarbaar nie. Sy woordvoerder, Nhongo Solo, sê hy het voorheen alle betrokke instellings en rolspelers, insluitend studente, gewaarsku teen die voortslepende wanbestuur van fondse en korrupsie in die skema:
# Ericsson het sy 10-jaar vennootskap met MTN verleng, wat een van Afrika se grootste telekommunikasieverskaffers is. Daar is reeds 63-miljoen intekenare op die platform, en die hoof van Ericsson Mobile se finansiële dienste, Michael Wallis-Brown, beklemtoon Afrika se belangrikheid as ‘n sleutelmark vir groei. Hy sê die uitgebreide vennootskap, tesame met ‘n oorgang na openbare wolk-ontplooiings, is ‘n deurslaggewende oomblik. Dit bied kliënte basiese finansiële dienste soos onttrekkings, oordragte en die berging van geld, saam met e-handelbetalings, mikro-lenings en versekering.
# Tennis: Die hoof van die Australiese Ope, Craig Tiley, het die proses van die toevoeging en verspreiding van promotorskeuses verdedig. Dit volg nadat Arina Rodionova Tennis Australië gekritiseer het en beweer het ‘n persoonlike vendetta teen haar het verhoed dat sy as ‘n promotorskeuse by die agterdeur na die Ope inglip, in weerwil van die feit dat sy die voorste vrouespeler in haar land is. Die 34-jarige Radionova is gister in die kwalifiserende ronde van die Australiese Ope uitgeskakel. Tiley sê verskeie faktore word oorweeg om ‘n speler as ‘n promotorskeuse aan te wys, insluitend ouderdom, huidige vorm en die hoeveelheid wedstryde wat hulle gepseel het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-69-sent teen die dollar, 20-rand-44-sent teen die euro en 23-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 45-duisend-801-dollar-42-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-32-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-68-sent per vat.
# Om mee af te sluit: ʼn Knaagdier genaamd “Welsh Tidy Mouse” het sedert vroeg in Oktober elke aand by die 75-jarige Rodney Holbrook se skuur in Wallis ingesluip. Holbrook het agtergekom iemand bêre snags dinge in sy skuur. Hy het opgemerk iets is aan die gang toe die neute wat hy vir voëls in ʼn boksie hou, verdwyn terwyl ander goed daarin gesit word. Holbrook het ʼn kamera opgestel en video’s gekry van die muis wat opruim. “Welsh Tidy Mouse” woon nou wel nie permanent daar nie, maar hy is elke aand terug en word voorlopig met rus gelaat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….