Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 26 Februarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê die G20 moet ongelykheid in die wêreldekonomie aanpak
# AfriForum en Solidariteit vergader met die Trump-administrasie
# En rugby: Die haker Dewi Lake is terug in Wallis se Sesnasies-groep
# President Cyril Ramaphosa sê die G20 moet leierskap toon en die ongelykhede in die wêreldekonomie aanpak. Hy het vandag die eerste vergadering vir G20-ministers van Finansies en -presidente van sentrale banke onder Suid-Afrika se presidentskap in Kaapstad geopen. Hy sê die G20 moet pogings koördineer om te fokus op inklusiewe groei, gegrond op reagerende handel en belegging, sodat arm nasies en die armstes van die samelewing se inkomste kan toeneem:
# Build One South Africa vra ‘n onmiddellike en onafhanklike oudit van alle kontrakteurs wat tans fakture aan Eskom en munisipaliteite stuur. Die kragverskaffer het in die eerste drie maande van die 2024/’25-boekjaar 639 afwykings opgevolg. Dit kom neer op sowat 23-miljard-rand in staatsfondse, wat ʼn toename van 18,6-miljard-rand is. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê hierdie afwykings laat Eskom toe om standaard verkrygingsprosesse te ignoreer en stel kontrakteurs in staat om die kragvoorsiener en munisipaliteite te veel te laat betaal. Hy sê dit vererger die finansiële krisis in die energiesektor:
# ʼn Afvaardiging van AfriForum en Solidariteit het in die Withuis in Washington met verteenwoordigers van die Trump-administrasie vergader. Die organisasies het Amerika gevra om druk te plaas op die Suid-Afrikaanse regering oor plaasmoorde, die Onteieningswet en die BELA-wet. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê die regering se gebrek aan erns om diplomatieke bande met Amerika te herstel, skep ʼn al groter krisis vir Suid-Afrika:
# Rugby: Die haker Dewi Lake is opgeroep na Wallis se kamp vir hul oorblywende Sesnasies-wedstryde teen Skotland en Engeland, nadat hy van ‘n boarmspier-besering herstel het. Lake, wat Wallis verlede jaar tydens die toer na Australië aangevoer het, het in Desember ’n operasie ondergaan. Hy sou aanvanklik 12 weke buite aksie wees. Die 25-jarige, wat reeds 18 keer vir Wallis uitgedraf het, is egter voor skedule met sy herstelproses. Wallis het tot dusver al drie sy wedstryde in vanjaar se kompetisie verloor.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-40-sent teen die dollar, 19-rand-33-sent teen die euro en 23-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 88-duisend-253-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-913-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-68-sent per vat.
# En ten slotte: Toby’s Estate Coffee Roasters in Sydney, Australië, is aangewys as die beste koffiewinkel in die wêreld. Twee Suid-Afrikaanse eetplekke is ook op die lys: Espresso Lab Microroasters in Kaapstad is elfde en The Whippet in Gauteng 89ste. Die Wêreld se 100 Beste Koffiewinkels beoordeel kafees wêreldwyd volgens ʼn verskeidenheid faktore. Dit sluit in die gehalte van koffie en kos, volhoubare praktyke en klantediens. Onyx Coffee Lab van Arkansas in Amerika is tweede en Gota Coffee Experts van Wenen in Oostenryk is derde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….