Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 21 Februarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Verdagte in die Zanzou-nagklubsaak word in Yeoville aangekeer
# Rugby: Finn Russell keer terug vir Skotland teen Engeland
# En die Suid-Afrikaner Tyla en haar treffer “Water” maak geskiedenis op Spotify
# ‘n Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die Zanzou-nagklub-aanrandingsaak. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die man is in Yeoville aangekeer nadat die Johannesburgse Metropolisie opgemerk het hy lyk na een van die uitsmyters by die klub in Hatfield, Pretoria, wat hulle op videos op sosiale media gesien het. Agt mense word gesoek vir die misbehandeling, marteling en seksuele aanranding van besoekers aan die nagklub. Muridili sê die Metropolisie het die man voorgekeer:
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta doen ‘n beroep op die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, om ʼn bemiddelingspan te stuur om die eetstaking by die Universiteit van die Witwatersrand te stop. Studente is reeds ʼn week lank op eetstaking terwyl hulle eis dat Wits hulle toelaat om te registreer ondanks geskiedkundige skuld, hoewel daar 1,42-miljard-rand se onbetaalde studenteskuld is. Makaneta reken die studente se eise is geregverdig:
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het die Weermag opdrag gegee om ‘n operasie in die besette Wesoewer uit te voer nadat nadat drie leë busse ontplof het in ‘n vermeende terreuraanval in Bat Yam naby Tel Aviv. Volgens berigte was daar aan een van die toestelle wat nie ontplof het nie ‘n boodskap oor “Wraak uit Tulkarem”, wat verwys na ‘n onlangse Israelse militêre teenterrorisme-operasie in die Wesoewer. Netanyahu het ook die polisie en die Sekerheidsagentskap beveel om voorkomende optrede te verskerp teen nog aanvalle in stede.
# Rugby: Skotland se mede-kaptein, Finn Russell, is fiks vir môre se Sesnasieswedstryd teen Engeland op Twickenham na harsingskudding. Die losskakel het teen die vleuel Darcy Graham vasgehardloop, hulle het koppe gestamp en moes van die veld gaan toe Skotland in die tweede ronde 32-18 teen Ierland verloor het. Kyle Rowe speel in Graham se plek. Die gewese kaptein, Jamie Ritchie, vervang Matt Fagerson op slot en Pierre Schoeman neem in die voorry oor by Rory Sutherland. Fagerson en Sutherland is op die bank, met ‘n verdeling van 6-2.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-35-sent teen die dollar, 19-rand-22-sent teen die euro en 23-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 98-duisend-197-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-923-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-74-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse musieksensasie, Tyla, het geskiedenis gemaak deur die eerste solokunstenaar uit Afrika te word wat ‘n miljard stromings op Spotify kry, met haar treffer, Water. Die liedjie het die eerste Afrikamusiek-toekenning op die Grammy’s gewen, asook die top-Afrobeats-liedjie op die Billboard-musiektoekennings en beste Afrobeats-video op die MTV Video-musiektoekennings. Spotify sê hierdie geskiedkundige oomblik bevestig Tyla se plek as een van die invloedrykste nuwe stemme in musiek en die toenemende wêreldwye invloed van Afrika se kunstenaars.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….