Nuus 12:00
BULLETIN 11 Julie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA eis die verwydering van die finansiële hoof van die polisie se Misdaadintellligensie-eenheid
# Die Instituiut vir Rasseverhoudinge vra die minister van Arbeid om kennis te neem van rassewette
# En ‘n parlementêre komitee is bekommerd oor die moorde op openbare ampsdraers
# Die DA sê die finansiële hoof van die polisie se Misdaadintelligensie-afdeling, Philani Lushaba, wat in aanhouding is, was ‘n plaasvervanger-trustee van die Staatsdienspensioenfonds vir twee vorige boekjare. In hierdie rol het hy na bewering minstens 652-duisend-rand se trusteefooie ontvang. Andrew Bateman van die DA sê dié nuus is uiters kommerwekkend gegewe Lushaba se inhegtenisneming op twee afsonderlike klagte van korrupsie weens die beweerde misbruik van sy posisie:
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê ekonomiese transformasie is bloot lippediens deur die regering, terwyl sy dade ‘n bewys aan burgers is dat hy hom aan vals hervorming wy. Die instituut het ‘n versoekskrif teen rasgegronde wetgewing aan die Departement van Indiensneming en Arbeid oorhandig wat deur meer as 12-duisend Suid-Afrikaners onderteken is. Nomakhosazana Meth van die IRV sê insluiting in ekonomiese hervorming kan bevorder word deur dit in vaardighede en vermoëns te verskans:
# Die parlementêre gekose komitee oor Toewysings veroordeel die moorde op openbare ampsdraers wat in die uitvoering van hul pligte afkom op korrupsie en dit aanmeld. ‘n ANC-raadslid van Tshwane, Thabang Masemola, is Dinsdag vermoor terwyl die hoof van Ekurhuleni se Korporatiewe en Forensiese Ouditdepartement, Mpho Mafole, verlede week doodgeskiet is. Die komitee se voorsitter, Tidimalo Legwase, sê Mafole se moord is ‘n lafhartige daad wat diegene wil intimideer wat die openbare sektor probeer regruk. Sy vra dringende maatreëls om verklikkers te beskerm.
# Kaapstad het onderhoud aan riviere, kanale en waterweë verskerp te midde van die reënseisoen. Een van hierdie noodsaaklike ingrypings van die metro se Water- en Sanitasie-direktoraat is onlangs in die Sir Lowryspas-rivier in Gordonsbaai voltooi. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê plantegroei is ook meganies verwyder om opgehoopte slik van die rivierbodem te verwyder:
# Rugby: Die Springbok-vroue wat môre in Gqeberha teen Kanada speel, het ‘n onmiskenbare Oos-Kaapse geurtjie nadat afrigter Swys de Bruin verskeie veranderings aan sy groep gemaak het. Hy het Byrhandrѐ Dolf en Eloïse Webb van die bank na die opdrafspan verskuif. Dolf, wat van Uitenhage kom, begin op heelagter en Webb, ‘n oudstudent van die Nelson Mandela-universiteit wat van Oos-Londen kom, is die losskakel. Nadine Roos is intussen van heelagter na skrumskakel verskuif om nader aan die aksie te wees.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-82-sent teen die dollar, 20-rand-83-sent teen die euro en 24-rand-14-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 117-duisend-957-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-341-dollar-28-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-38-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….