Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 Januarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# SAKP herhaal sy beroep vir ‘n ondersoek na die sluipmoord op Chris Hani
# ‘n Reuse-soek- en reddingsoperasie volg nadat ‘n vliegtuig in Washington in die Potomac-rivier neerstort
# En, rugby: Sydney gaan in 2027 die eindstryd van die Wêreldbekertoernooi vir mans aanbied
# Die SAKP het sy beroep herhaal vir ‘n ondersoek om agter die volle waarheid te kom van die sluipmoord op die anti-apartheidsktivis Chris Hani in 1993. Hy is buite sy huis in Boksburg doodgeskiet deur Janusz Waluś, wat in Desember na sy geboorteland, Pole, deporteer is nadat hy op parool vrygelaat is. Hy het in ‘n eksklusiewe onderhoud op eNCA gesê hy het alleen gewerk en sal dit weer vir die land doen. Die SAKP se woordvoerder, Alex Mashilo, sê die onderhoud bewys Waluś se besliste gebrek aan berou:
# Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad sê hy monitor wind se toenemende ontwrigting van vrugte-uitvoere deur die Kaapstadse hawe. Windspoed van meer as 80 kilometer per uur het bedrywighede die afgelope dae belemmer. Die hawe het die afgelope paar jaar gemiddeld sowat een-duisend-200 uur per jaar verloor as gevolg van uiterste winderige toestande. Die WNNR sê hy sal voortgaan om inligting oor die weer te verskaf om die hawe met bedrywighede en logistiek te help.
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings het die aanval op ‘n Nyl-krokodil in Duthuni in Limpopo veroordeel. Owerhede ondersoek die voorval waarin gesien kan word hoe die hulpelose dier geslaan, geskop en aangeval word, terwyl omstanders juig. Die video is op sosiale media gedeel. Die verdagte staan tereg op aanklagte ingevolge die Dierebeskermingswet. Die krokodil moes uitgesit word.
# ‘n Reddingsoperasie is aan die gang in die Potomac-rivier in Washington nadat ‘n passasiersvliegtuig van American Airlines tydens ‘n vlug met ‘n Black Hawk-helikopter gebots en in die rivier neergestort het. Die vliegtuig het 60 passasiers en vier bemanningslede aan boord gehad, en daar was drie Amerikaanse soldate in die helikopter. Daar is mense dood, maar die aantal is nog onbekend. Die hoof van Washington se Brandweer- en Nooddienstedepartment, John Donnelly, sê die reddingspoging is ‘n hoogs-ingewikkelde operasie:
# Rugby: Wêreldrugby het bevestig die eindstryd van 2027 se Wêreldbekertoernooi vir mans sal op die Accor-stadion in Sydney, Australië, plaasvind. Die stadion met plek vir 82-duisend toeskouers sal ook die halfeindstryde, die uitspeelstryd om derde plek en twee kwarteindstryde aanbied. Sydney, Melbourne, Perth, Brisbane, Adelaide, Townsville en Newcastle sal ses weke lank gasheer speel vir die wêreld se 24 beste spanne. Rugby Australië se uitvoerende hoof, Phil Waugh, sê die land het ‘n ryke geskiedenis met die aanbieding van groot toernooie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-45-sent teen die dollar, 19-rand-26-sent teen die euro en 23-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-998-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-770-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-38-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….