Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Januarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# GIWUSA eis ‘n onafhanklike kommissie van ondersoek oor gebeure by Stilfontein-myn
# SACCI-peiling beklemtoon handels-uitdagings en optimisme
# En, padwedlope: Gerda Steyn beoog om haar Comrades en Twee Oseane-titels te behou
# GIWUSA eis die stigting van ‘n onafhanklike kommissie om ondersoek in te stel na, wat hy beskryf as die Stilfontein-slagting in Noordwes. Woensdag is 78 liggame van onwettige mynwerkers na die oppervlak van die Buffelsfontein-goudmyn gebring en 140 ander is in hegtenis geneem, wat die aantal arrestasies sedert Maandag tot 246 verhoog het. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê daar moet aanspreeklikheid wees:
# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid – SACCI – se peiling oor handelstoestande verlede maand toon dat handelsverwagtinge politief bly, ondanks uitdagings. Dit toon hoewel 40-persent van respondente beter toestande as Desember 2023 ondervind het, het net 35-persent positiewe handelsbedrywighede ondervind. Vooruitsigte het verbeter, met 65-persent wat optisties was oor die komende ses maande. Dit toon ook dat insetkoste gedaal het, maar logistieke kwessies en ekonomiese prestasie vordering gekniehalter het. Indiensneming in die handelsektor bly bestendig, met 57-persent wat nóg werknemers in diens wil neem.
# Johannesburg Toerisme het sy jongste Toerisme-ambassaderusprogram bekendgestel waarin 227 jongmense na besienswaardighede en brandpunte regoor die metrogebied ontplooi gaan word. Die program wil van Johannesburg ‘n veiliger en meer navigeerbare bestemming vir toeriste maak deur bewusmakings- en inligtingsdienste vir toeriste te verbeter. Die uitvoerende shoof van Johannesburg Toerisme, Thandubuhle Mgudlwa, sê die program moet toeriste-veiligheid verhoog, misdaad verminder waarin besoekers geteiken word en moet werklose jeugdiges met vaardighede toerus.
# Duitsland se ministerie van Verdediging gaan sy bedrywighede op die sosialemediaplatform X opskort, ná beskuldigings dat die platform waninligting onder sy eienaar, Elon Musk versprei. Die ministerie het gesê hy sal nie verder proaktief plasings op die kanaal sit nie, en regverdig die skuif deur te sê dit word al hoe moeiliker om feitelike inligting op die platform te deel. Die ministerie is die jongste van talle openbare instellings in Duitsland om hulle bedrywighede op X, voorheen Twitter, op te skort of die platform heeltemal te verlaat.
# Padwedlope: Een van Suid-Afrika se veelsydigste padatlete, Gerda Steyn, sê sy wil weer die rekord vir die nasionale standaard-marathon agter haar naam skryf. Daar is Woensdag bekendgemaak sy is nou lid van die Hollywood Atletiekklub in Durban. Steyn sê haar groot mikpunt vanjaar is om die titels by die Comrades en die Twee Oseane te behou, waarvoor sy vir albei ook die rekord hou:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-80-sent teen die dollar, 19-rand-35-sent teen die euro en 22-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 99-duisend-701-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-701-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-93-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….