Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Januarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa woon die Mosambiekse presidensiële inhuldiging by
# Suid-Afrika sluit die Groblersbrug-grenspos na Botswana weens erge oorstromings
# En, tennis: Novak Djokovic word die speler wat die meeste Grand Slam-enkelspelwedstryde speel
# President Cyril Ramaphosa is in Maputo vir die inhuldiging van Mosambiek se verkose president, Daniel Chapo, ná die verkiesing op 9 Oktober. Dit volg te midde van voortdurende betogings terwyl die opposisieleier, Venancio Mondlane opnuut die onrus aanmoedig. Die Presidensie sê in ‘n verklaring die geleentheid is ‘n stap in die rigting van vrede en ontwikkeling in Mosambiek. Ramaphosa het sy verbintenis uitgespreek om bilaterale betrekkinge te versterk en eenheid onder Mosambiekers te ondersteun. Ramaphosa word vergesel deur die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, en die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni.
# Suid-Afrika het sy bedrywighede by die Groblersbrug-grenspos na Botswana by Tom Burke in Limpopo gesluit ná swaar reën en oorstromings. Klimaatinligting toon dat die noordwestelike deel van die provinsie van 11 Desember tot 10 Januarie geweldig baie reën ontvang het, wat logistieke en ekonomiese bedrywighede ontwrig het. Die Grensbestuursowerheid sê die watervlak van die Limpoporivier het die roete onveilig gemaak. Dié roete strek tussen onder meer kopermyne in Zambië en die Demokratiese Republiek die Kongo en die Durbanse hawe.
# Cosatu het sy oproep herhaal dat die sewende Parlement verpligte skoolbywoning van graad nege tot graad 12 uitbrei. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê ‘n buitengewoon groot aantal leerders verlaat skool na graad nege, soos tans toegelaat. Sy sê indien die verpligte skooljare uitgebrei word, sal dit jongmense se kanse om werk te kry, verbeter:
# Donald Trump sal volgende week aanlyn praat tydens wanneer die wêreld se politieke en sake-elite in Davos vergader, slegs dae nadat hy in sy amp as Amerikaanse president ingehuldig is. Trump sal Maandag by die Amerikaanse Kongresgebou in Washington ingehuldig word, op die eerste dag van die Wêreld Ekonomiese Forum-byeenkoms in die Switserse Alpe. Die Amerikaanse president se terugkeer na die Withuis sal na verwagting die besprekings in Davos oorheers, ‘n byeenkoms wat hy tydens sy eerste ampstermyn in persoon bygewoon het.
# Tennis: Die tienmalige kampioen, Novak Djokovic, is deur na die derde ronde van die Australiese Ope nadat hy met die 21-jarige kwalifiseerder, Jaime Faria, afgereken het. Die Serwiër se 430 maak hom die speler wat meeste Grand Slam-enkelspelwedstryde in die Ope Era gespeel het. Dit volg nadat hy die Portugees met 6-1, 6-7, 6-3 en 6-2 verslaan het om sy 379ste major-sege te behaal. Die Spanjaard, Carlos Alcaraz, het Yoshihito Nishioka van Japan met 6-0, 6-1, 6-4 afgeransel. Djokovic sê dis spesiaal om hierdie mylpale te bereik:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-87-sent teen die dollar, 19-rand-45-sent teen die euro en 23-rand-6-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-224-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-683-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-65-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….