Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 4 Januarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Beide die ANC en MK Party voer veldtogte in Mpumalanga met Zuma wat daar praat
# Ekonome waarsku die belastingdata vir 2022/23 is nie so goed as wat dit lyk nie
# En, krieket: 23 paaltjies op een dag baie ongewoon vir Nuweland
# Die ANC en die uMkhonto weSizwe Party hou Saterdag afsonderlike byeenkomste in Mpumalanga met oudpresident Jacob Zuma wat by die MK-saamtrek praat. Volgens Mpumalanga se ANC-voorsitter, Mandla Ndlovu, is ANC-takke verontrus oor die veldtog in die provinsie, veral omdat dié streek aan Zuma ‘n “hawe” gebied tydens onstuimige tye in sy politieke loopbaan. ANC-woordvoerder, Obama Masango sê Ndlovu het takke ontmoet om die party se 112de verjaardagviering volgende Saterdag in die Mbombela Stadion te bespreek:
# Ekonome waarsku daarteen om nie te gou bly te raak oor oënskynlik positiewe belastingdata nie en benadruk die risiko indien die belastingbasis sou ineen stort omdat diegene in die hoё inkomstegroep toenemend die land verlaat. Hoewel die Inkomstediens vir die fiskale jaar 2022/23 ʼn bruto belastinginkomste van 2,07-duisend-miljard-rand ingevorder het, ontstaan daar vrae oor persoonlike belasting wat nou 35,7-persent van die belastinginkomste uitmaak, vergeleke met 40-persent in vorige jare, wat op werksverliese dui. Die belastingbasis word bedreig deur emigrasie, veral onder die hoё inkomstegroep wat laer belastingkoerse wil hê, asook beter sekerheid en verbeterde dienste.
# Die Departement van Water en Sanitasie sê daar is in sommige dele van die land steeds ernstige waterprobleme en pogings is aan die gang om die onvoldoende watervoorsiening reg te stel. Die departement se waarnemende woordvoerder, Andile Tshona, sê die streeks- grootmaat-infrastruktuurtoelaag sal gebruik word om waterinfrastruktuur te bou, op te gradeer en op te knap om te voldoen aan die eise van die gemeenskappe wat hulle bedien:
# Die sterftesyfer na die aardbewings in Japan het tot 64 gestyg. Eerste minister Kishida Fumio het verklaar dis nou ‘n stryd teen tyd om lewens te red met bykans tien-duisend soldate wat ontplooi is vir soek-, reddings- en bystandsoperasies. Tien-duisende mense is ontruim, terwyl baie slagoffers nog vasgekeer is in die puin van geboue in die provinsies Ishikawa, Niigata, Fukui, Toyama en Gifu. Die weerdiens voorspel afwisselende buie vir vandag, wat bydra tot die uitdagings in die nadraai van die skuddings.
# Krieket: 23 paaltjies is gister platgetrek op ʼn buitengewone openingsdag op Nuweland in Kaapstad in die tweede en laaste toets tussen Suid-Afrika en Indië. Die Proteas is vir ʼn skamele 55 uitgeboul met Mohammed Siraj wat ses paaltjies laat kantel het. Indië was totaal in beheer met 153 vir vier, maar het na teetyd hulle laaste ses paaltjies van 11 balle verloor sonder om enige lopies aan te teken. Die Proteas se kolf-raadgewer, Ashwell Prince, sê dit was ʼn baie ongewone openingsdag op Nuweland:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-64-sent teen die dollar, 20-rand-40-sent teen die euro en 23-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-893-dollar-4-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-47-dollar-33-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-90-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….