Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 Januarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Padverkeersbestuurskorporasie gaan die Oos-Kaap help om padveiligheid te verbeter
# Rugby: Cardiff is nou drie VRK-punte voor die Bulle
# En, die Kaapstad-straatparade vind Saterdag plaas
# Die Padverkeersbestuurskorporasie gaan pogings verskerp om padongelukke en padsterftes in die Oos-Kaap te verlaag te midde van vakansiegangers se terugtog huis toe oor die volgende paar dae. ‘n Woordvoerder, Simon Zwane, sê inligting oor noodlottige botsings sedert die begin van die vakansietyd het getoon die Amathole-distrik is een van die tien distrikte in die land met die meeste botsings en padsterftes:
# Suid-Afrika sal nie in 2025 aan die Wêreld-ekspo in Japan deelneem nie weens fiskale uitdagings. Die woordvoerder van die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, het aan News24 gesê Suid-Afrika het nooit sy deelname bevestig nie en die besluit weerspieël nie die land se verhouding met Japan nie. Nagenoeg 158 lande het bevestig dat hulle die geleentheid in Osaka sal bywoon. Suid-Afrika se versuim om op dié wêreld-ekspo uit te stal volg slegs enkele maande voordat hy die G20-beraad moet aanbied.
# ’n Gewapende man het vanoggend minstens tien mense, insluitend twee kinders, in die suide van Montenegro doodgeskiet. Die polisie sê van die ongevalle was binne ‘n restaurant in die omgewing van Cetinje na ‘n woordewisseling tussen gaste. Vier mense is ernstig gewond. Die aanvaller het homself later om die lewe gebring. Die regering het drie dae van nasionale rou in die klein Balkan-land verklaar. Die gewapende man het lede van sy eie familie, sowel as die eienaar van die restaurant en twee van sy kinders vermoor.
# Rugby: Cardiff is steeds derde in die Verenigde Rugbykampioenskap hoewel hulle gister op Arms Park met 13-elk gelykop gespeel het teen Ospreys. Cardiff se twee ligapunte plaas hulle drie punte voor die Bulle in die vierde plek, wat twee wedstryde minder gespeel het. Die Haaie is vyfde, vier punte agter Cardiff maar het ʼn wedstryd minder gespeel. In gister se ander derby in Wallis het Scarlets ʼn bonuspunt verdien met ʼn oorwinning van 32-15 teen die Dragons in Llanelli en het van 12de tot sesde opgeskuif op die punteleer.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-78-sent teen die dollar, 19-rand-45-sent teen die euro en 23-rand-48-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-776-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-633-dollar-94-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-82-sent per vat.
# Ten slotte: Die Stad Kaapstad sê die straatparade, ook bekend as die Kaapse Klopse, sal Saterdag die Nuwejaar in die strate van die sakekern verwelkom. Ongeveer 20-duisend kunstenaars van 18 Klopse troepe sal skares met banjos, kitare, ghoema-tromme, trombone en tuba’s vermaak. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith sê die optog sal vroeg-middag in Distrik Ses begin en langs die geskiedkundige roete beweeg tot in die Bo-Kaap waar dit sal eindig:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….