Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 20 Desember 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Departement van Justisie en die Nasionale Vervolgingsgesag versterk samewerking oor toegang tot die staatskapings-databasis
# Brittanje se jongste mesmoordenaars kry ‘n swaarder vonnis
# En, rugby: Plaaslike spanne pak mekaar in twee derbies wanneer die VRK na drie weke hervat
# Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling en die Nasionale Vervolgingsgesag het ingestem om hul samewerking te versterk ten opsigte van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie se toegang tot die staatskapingskommissie se inligting. Die NVG het in September verklaar dat die departement struikelblokke geskep het wat keer dat hulle toegang kry tot die kommissie se databasis met bewyse. Die departement se woordvoerder, Terrence Manase, sê gesprekke met die NVG was opbouend:
# Gauteng se LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Jacob Mamabolo, sê die provinsie het begin met die gebruiklike somer-inlywingseisoen. Die provinsie se Inlywings-koördineringskomitee het altesaam 149 tradisionele inlywingskole in die vyf streke vir bedryf goedgekeur. Mamabolo sê al die skole behoort teen 14 Januarie hulle leerplan afgehandel te hê. Hy vra ook voornemende inlywingskole om aansoek te doen om permitte vir die winter-inlywingseisoen voor die sluitingsdatum van 31 Januarie.
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, verwag ‘n sterk vierde kwartaal wat buitelandse besoekers betref. Die land ondervind tans ‘n toestroming van buitelandse reisigers, en volgens Statistieke Suid-Afrika was daar van Oktober tot November ‘n toename van nege-persent in buitelanders wat die land besoek het. De Lille is verheug omdat baie ander bestemmings, buiten Kaapstad, ook gewild geword het. Sy het aan die SABC gesê dit is ‘n positiewe teken vir groei:
# ‘n Appèlhof in die Verenigde Koninkryk het swaarder vonnisse opgelê aan twee seuns wat die land se jongste mesmoordenaars is. Die twee, nou 13 jaar oud, is in Junie skuldig bevind aan die moord op ‘n vreemdeling toe hulle slegs 12 was. Die slagoffer is met ‘n kapmes aangeval. Hulle is later lewenslange vonnisse opgelê vir die moord op die 18-jarige Shawn Seesahai met die minimum tydperk voor hulle vir parool oorweeg word, vasgestel op agt-en-‘n-half-jaar. Die Appèlhof het beslis die vonnis is buitensporig lig en moet tot tien jaar verhoog word.
# Rugby: Die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen hervat vanaand na drie weke wanneer Ulster nog ‘n Ierse span, Munster, verwelkom. Môre gaan die vier Suid-Afrikaanse spanne mekaar in twee derbies pak – die Stormers en die Leeus in Kaapstad, en die Haaie en die Bulle in Durban. Die Bulle is tans derde op die punteleer na Leinster en die verdedigende kampioen, Glasgow Warriors. Die Leeus is vyfde, die Haaie sesde en die Stormers 13de na slegs twee oorwinnings in hulle eerste ses kragmetings.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-29-sent teen die dollar, 19-rand-1-sent teen die euro en 22-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-1-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-606-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-10-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….