Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 25 November 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Business Leadership SA is vol vertroue in Ebrahim Rasool se vermoë om die verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika te herstel
# Rugby: Sewe Springbokke haal die Wêreldrugby 15s-droomspan van die jaar
# En, Kaapstad se burgemeester betreur die dood van die vereerde skrywer Breyten Breytenbach
# Die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busiswe Mavuso, sê sy het volle vertroue in Ebrahim Rasool se vermoë om Suid-Afrika se gespanne verhouding met Amerika te herstel. President Cyril Ramaphosa het Rasool heraangestel as die land se ambassadeur in die land, ‘n pos wat hy van 2010 tot 2015 beklee het. Amerika is Suid-Afrika se tweede grootste handelsvennoot na China. Mavuso sê dit sal aansienlike diplomatieke vaardigheid kos om die regte balans van belange te vind om te verseker dat Suid-Afrika steeds voordeel trek uit sy verhouding met Amerika op die manier waarop dit nou die geval is.
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christenforum sê hy is bekommerd oor die regering se besluite om die uitbreking van voedselvergifting te probeer stuit. Meer as 800 gevalle van voedselvergiftiging is landwyd aangemeld, met meer as 20 sterftes. Marothi Mashashane van die forum sê die proses om alle spazawinkels binne 21 dae te registreer, het reeds uitdagings vir munisipaliteite veroorsaak:
# Ongeïdentifiseerde hommeltuie is opgemerk oor drie Amerikaanse Lugmagbasisse in Brittanje. Volgens die Amerikaanse Lugmag is klein, onbemande lugstelsels waargeneem. Dis nog nie duidelik of die hommeltuie as vyandig beskou word nie. Die Lugmag sê hy behou die reg voor om installasies te beskerm, maar het nie onthul of enige verdedigingsmeganismes gebruik is nie. ‘n Woordvoerder van die Britse Ministerie van Verdediging sê hulle beskou dreigemente as ernstig en onderhou sterk maatreëls by verdedigingspersele. Dit sluit teenhommeltuigvaardighede in.
# Rugby: Sewe Springbokke is opgeneem in Wêreldrugby se mans 15s Droomspan van die Jaar. Wêreldrugby se 2024 Speler van die Jaar, Pieter-Steph du Toit, is een van vier Suid-Afrikaanse voorspelers in die span. Ox Nché, Malcolm Marx en Eben Etzebeth sluit by hom aan in die pak. Die drie Springbokagterspelers wat ingesluit is, is Damian de Allende, Jesse Kriel en Cheslin Kolbe. Vier spelers van Ierland het die span gehaal, drie van Nieu-Seeland en een van Argentinië.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-9-sent teen die dollar, 18-rand-90-sent teen die euro en 22-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 98-duisend-257-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-672-dollar-13-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-97-sent per vat.
# En ten slotte: Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die bekende anti-apartheidskrywer en aktivis, Breyten Breytenbach, beskryf as ’n genie wat mense se emosies vasgevang het. Hy is gister in die ouderdom van 85 in Parys dood. Breytenbach, wat in 1975 op aanklag van oortreding van die Terrorismewet vir hoogverraad in die tronk was, het gedurende sy leeftyd meer as 50 boeke gepubliseer. Hill-Lewis sê Breytenbach is met talle letterkundige toekennings bekroon, insluitend die Alan Paton-toekenning:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….