Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 November 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA vra ‘n dringende parlementêre debat oor die werkloosheidskrisis
# NotInMyName vra dat alle ongeregistreerde spazawinkels gesluit word
# En, motorsport: Formule Een se wedrendirekteur tree uit met onmiddellike ingang
# Build One South Africa het die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, gevra vir ‘n dringende parlementêre debat van nasionale belang oor die hoë werkloosheidsyfer. Die werkloosheidskoers het in die derde kwartaal met 1,4-persentasiepunte gedaal tot 32,1-persent, maar agt-miljoen mense is steeds werkloos. BOSA se woordvoerder, Roger Solomon, sê langtermyn-werkloosheid dra by tot ‘n siklus van armoede en ongelykheid:
# NotInMyName International vra dat alle ongeregistreerde spazawinkels in die land onmiddellik gesluit word. Die onlangse uitbreking van voedselverwante siektes het tot die dood van 23 kinders net in Gauteng gelei. Die organisasie se woordvoerder, Themba Masango, sê die regering moet hierdie uitbreking tot nasionale noodtoestand verklaar:
# Die Stad Kaapstad het veiligheidsmaatreëls op 14 staproetes verskerp terwyl die feestyd naderkom. Twee-en-dertig wetstoepassers sal daagliks van vieruur soggens tot agtuur saans op die onderskeie terreine ontplooi word. Die metro se kommissaris vir Openbare Veiligheid, Robbie Roberts, sê wetstoepassingsbeamptes is ook in die Bo-Kaap en middestad ontplooi. Hy sê hulle wil seker maak toeriste en plaaslike inwoners is veilig tydens die feestyd.
# Motorsport: Formule Een se wedren-direkteur, Niels Wittich, het aangekondig dat hy met onmiddellike ingang uittree, met drie wedrenne van die seisoen wat oorbly. Die Duitser beklee sedert 2022 die pos wat hy aanvanklik met Eduardo Freitas gedeel het as plaasvervangers vir Michael Masi, voordat hy verlede jaar die werk voltyds gedoen het. Die FIA sê Wittich gaan nuwe geleenthede nastreef. F2 en F3 se wedren-direkteur, Rui Marques, is aangewys as Wittich se plaasvervanger en hy begin met volgende week se Grand Prix in Las Vegas.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-8-sent teen die dollar, 19-rand-16-sent teen die euro en 23-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-525-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-603-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 68-dollar-8-sent per vat.
# En ten slotte: Orbital deur Samantha Harvey het 2024 se Bookerprys gewen. Dis die Verenigde Koninkryk se gesogste prys vir fiksie. Die boek van 136 bladsye is die tweede kortste boek om te wen in die prys se geskiedenis van 55 jaar. Orbital is Harvey se vyfde roman en handel oor ʼn enkele dag in die lewe van ses ruimtevaarders. Sy is die eerste vrou sedert 2019 wat die prys wen, en sê dit sal haar lewe verander:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….