Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Oktober 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Sesmaandelikse MIV-voorkomingsinspuiting is doeltreffend in twee deurslaggewende studies
# Die Christenforum eis toestemming in begrafnis-versekeringspolisse te midde van ‘n styging in bedrog
# En, rugby: Pablo Matera van Argentinië gaan die kragmeting met Italië misloop na ‘n rooikaart-skorsing
# ‘n Sesmaandelikse MIV-voorkomingsinspuiting met lenacapavir was doeltreffend in twee deurslaggewende studies. Die eerste, PURPOSE 1, het getoon daar was geen MIV-besmettings onder twee-duisend-134 deelnemers nie, en die tweede, PURPOSE 2, het net twee besmettings onder twee-duisend-179 deelnemers opgelewer. Dit kom neer op ‘n 96-persent-vermindering in besmettings. Gilead Sciences beplan om aansoek te doen om reguleringsgoedkeuring om lenacaparvir vir voorkoming te bemark. Dit is tans in sommige lande geregistreer vir behandeling, maar nog nie in Suid-Afrika beskikbaar vir voorkomende gebruik nie.
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christenforum vra die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor om regulasies te verskerp om stygende begrafnisversekeringsbedrog teen te werk. Die organisasie is bekommerd dat mense sonder hulle toestemming verseker word, wat lei tot finansiële uitbuiting en soms tot moord. Die forum se president, Marothi Mashashane, stel strenger regulasies voor wat volle openbaarmaking en toestemming van die versekerde vereis, sowel as die beperking van veelvoudige polisse op dieselfde persoon:
# Die United Africans Transformation sê vrede tussen Israel en die Palestyne kan nie bereik word deur onskuldige burgerlikes dood te maak nie. Hamas het Israel op sewe Oktober verlede jaar aangeval en byna een-duisend-200 mense vermoor en meer as 200 gyselaar geneem. Israel het daarna volgens berigte 42-duisend mense in Gaza doodgemaak. UAT se woordvoerder, Doer Mabule, sê die internasionale gemeenskap moet meer doen om ‘n onmiddellike skietstilstand te eis:
# Rugby: Die Argentynse flank, Pablo Matera, is vir twee weke lank geskors vir ‘n rooikaart wat hy verlede maand in die laaste Rugbykampioenskapswedstryd teen Suid-Afrika in Mbombela ontvang het. Hy is in afgestuur in die 56ste minuut omdat hy by ‘n skrum ingestorm het. Die Springbokke het 48-7 gewen. Die skorsing beteken Matera sal Argentinië se toets op nege November teen Italië in Udine misloop. Hy sal egter beskikbaar wees vir die wedstryd teen Ierland in Dublin en teen die Franse in Parys.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-64-sent teen die dollar, 19-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-6-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-723-dollar-79-sent. Die prys van goud is twee-duisend-653-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-16-sent per vat.
# En ten slotte: Die beroemde Italiaanse modeontwerper, Giorgio Armani, sê hy beplan om binne die volgende twee of drie jaar af te tree. Die 90-jarige is stewig in beheer van sy sakeryk wat hy bykans 50-jaar gelede gestig het. Armani het die modehuis in 1975 gestig en die volgende jaar sy eerste reg-om-te-dra-versamelings aangebied. Hy is kinderloos en sy erfgename sal na verwagting sy suster insluit, asook drie ander familielede wat by die maatskappy werk, sy langtermyn-medewerker en vennoot, Pantaleo Dell’Orco, en ‘n liefdadigheidstigting.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….