Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 1 October 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# EFF veroordeel minister Steenhuisen se mislukking om gekwalifiseerde personeel aan te stel
# Die Landbank is in ‘n vennootskap met Nedbank en Standardbank om boere te help
# En, sokker: Kylian Mbappé keer terug teen sy broer se span, Lille, in die Kampioeneliga
# Die EFF sê hy veroordeel die flagrante onbevoegdheid en korrupsie van die minister van Landbou en DA-leier, John Steenhuisen, wat binne die eerste 100 dae in sy amp nie daarin geslaag het om gekwalifiseerde personeel aan te stel nie. Hy het glo ‘n afwyking van die minimum aanstellingsvereistes vir kandidate in sy kantoor aangevra. Drie van die vier kandidate het matrieksertifikate, maar nie die minimum tersiêre akademiese kwalifikasies nie. Die EFF sê Steenhuisen toon ‘n algehele miskenning van bestuur en voorkeur aan persoonlike trou bo meriete.
# Die Landbank het met Nedbank se Avo Solar en Standardbank se Power Pulse saamgespan om boere te help met die verkryging van alternatiewe kragbates deur sy Agro-energiefonds van 1,2-miljard-rand. Die omvang van die fonds is energie-intensiewe landboubedrywighede, insluitend intensiewe landbouproduksiestelsels en verkoelingsketting-bedrywighede op plase. Die fonds is bedoel om energiekoste te verlaag en kragonderbrekings vir energie-intensiewe boerdery te verminder.
# Al Jama-ah in Gauteng sê hy steun die voorstel vir die naamsverandering van Sandton-rylaan na Leila Khaled-rylaan. Khaled is ‘n Palestynse vlugteling, ‘n voormalige militant, en ‘n lid van die Popular Front for the Liberation of Palestine. Al Jamah-ah se woordvoerder, Thapelo Amad, sê hoewel sommige mense haar as ‘n terroris beskryf, beskou talle mense wat groot geword het onder onderdrukkende stelsels soos die Palestyne, haar as ‘n simbool van weerstand:
# Die Britse regering het ‘n huurvlug gereël vir Britte wat Libanon wil verlaat te midde van toenemende geweld. Daar is kommer oor die toenemende geweld in die Midde-Ooste nadat die Hizbollah-leier, Hassan Nasrallah, die naweek in Israelse lugaanvalle op Beiroet dood is. Die Israelse Weermag het ook beperkte, plaaslike en geteikende grondaanvalle teen Hizbollah in Libanon van stapel gestuur. Brittanje se minister van Buitelandse Sake, David Lammy, sê die vlug sal môre vanaf die Beiroet-Rafic Hariri-Internasionale Lughawe vertrek:
# Sokker: Real Madrid het Kylian Mbappé ingesluit in sy groep vir môre se Kampioeneligawedstryd teen die Franse span Lille nadat hy ‘n wedstryd misgeloop het met ‘n kuitbesering. Daar is verwag die Franse voorspeler sou langer buite aksie wees, maar het skynbaar vinnig herstel. Madrid se afrigter, Carlo Ancelotti, het Mbappé gekies vir die besoek aan Lille, waar sy broer Ethan speel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-32-sent teen die dollar, 19-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-9-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-950-dollar-2-sent. Die prys van goud is twee-duisend-642-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-75-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….