Nuus 12:00
BULLETIN 6 Augustus 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Malema sê ‘n parlementêre komitee moet gevangenes met inligting oor misdaadsindikate ondervra
# Die Geskorste hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust bied ‘n joernalis 60-duisend-rand se omkoopgeld aan om sy ondersoek te staak
# En ‘n veldtog word bekendgestel om verpligte waarskuwingsetikette op kos te bevorder
# Die leier van die EFF, Julius Malema, vra die Parlement se nuwe ad hoc-komitee wat korrupsie en politieke inmenging in die Polisiediens ondersoek, om gevangenes te ondervra wat kan lig werp op misdaadsindikate. Die komitee het gister sy eerste vergadering gehou waar Soviet Lekganyane van die ANC tot voorsitter verkies is. Malema sê die opdrag moet voorsiening maak dat gevangenes met tersaaklike inligting voor die komitee verskyn:
# ’n Ondersoek het onthul dat die uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, en die instelling se woordvoerder, Phasha Makgolane, ‘n joernalis van Daily Maverick, Pieter-Louis Myburgh, 60-duisend-rand se omkoopgeld aangebied het om ‘n ondersoek te laat vaar. Die ondersoek gaan oor Malaka se eiendomstransaksies en haar vermeende bande met ʼn kontrakteur van die trust. Myburgh sê hy het Malaka en Makgolane Sondag by ʼn restaurant in Stellenbosch ontmoet waar hulle hom wou omkoop:
# Die Healthy Living Alliance het met ʼn reeks promosietoere in Atteridgeville, Pretoria, begin om verpligte waarskuwingsetikette op voedselprodukte te eis. Kommunikasiebestuurder Zukiswa Zimela sê hulle wil druk op die regering plaas om voor op produkte ʼn waarskuwing te plaas dat dit baie sout, suiker of versadigde vette bevat. Die veldtog samel onder meer handtekeninge in om die proses te versnel. Zimela sê hulle maan die Gesondheidsdepartement om langverwagte regulasies af te handel sodat verbruikers, veral kinders, teen misleidende voedselbemarking beskerm kan word.
# Tennis: Die Amerikaner Taylor Fritz het ʼn halfeindstryd teen sy landgenoot, Ben Shelton, bespreek op die Kanadese Ope in Toronto. Die tweede-gekeurde het Andrey Rublev van Rusland verslaan terwyl Shelton die Australiër Alex de Minaur geklop het. Die topgekeurde Alexander Zverev van Duitsland en die Rus Karen Khachanov speel in die ander halfeindstryd. In die vroueafdeling in Montreal het Naomi Osaka van Japan maklik afgereken met Elina Svitolina van Oekraïne en speel in die halfeindronde teen die Deen Clara Tauson, wat die Amerikaner Madison Keys verslaan het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-85-sent teen die dollar, 20-rand-67-sent teen die euro en 23-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 114-duisend-73-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-367-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-19-sent per vat.
# En laastens, Lady Gaga is heel bo aan die lys van benoemdes vir die MTV Video-musiektoekennnings met 12 benoemings, insluitend Kunstenaar van die Jaar en Beste Album. Ander top-benoemdes sluit in Bruno Mars met elf, Kendrick Lamar met tien, en ROSÉ en Sabrina Carpenter met agt elk. Alex Warren, Ella Langley en Gigi Perez is van die benoemdes vir Beste Nuwe Kunstenaar. Twee nuwe kategorieë is vanjaar bygevoeg: Beste Country en Beste Popkunstenaar. Die toekenningsgeleentheid word op 8 September in die UBS-arena in New York gehou.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….