Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 20 September 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BetterBond verwag meer kopers gaan in eiendom belê
# Cosatu ondersteun die Wetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie se doelstellings
# En, boks: ‘n Rekord-skare by Wembley vir die langverwagte Joshua/Dubois-geveg
# Betterbond sê die rentekoersverlaging met 25 basispunte is positief vir die huismark. Suid-Afrika se terugkoopkoers is nou agt-persent en die prima-uitleenkoers, 11,50-persent. Bradd Bendall van BetterBond sê die laer rentekoers bring broodnodige verligting vir verbruikers en maak dit moontlik vir meer mense om in eiendom te belê:
# Cosatu sê hy ondersteun die doelstellings van die Wetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie wat die openbare uitsaaier se bestaande wetgewende bestuur wil moderniseer en hersien. Die wetsontwerp wil die doeltreffendheid van die SABC se operasies versterk. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê hulle is egter bekommerd omdat die wetsontwerp nie voorsiening maak vir verteenwoordiging vir werkers op die raad soos die Uitsaaiwet bepaal nie:
# Gauteng se LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê terwyl die provinsie gereed maak vir die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering is daar ‘n behoefte om bestaande gesondheidsgeriewe vinniger te herstel en nuwes te bou. Die departement beplan om nuwe hospitale in Soshanguve, Daveyton, Orange Farm en Diepsloot te bou. Nkomo-Ralehoko sê dit kom by die bestaande 37 staatshospitale Gauteng.
# Mark Robinson, die Republikeinse Party se kandidaat in Noord-Carolina vir die goewerneurspos, beloof om in die wedloop te bly na CNN berig het hy het op ‘n keer na homself as ‘n “swart Nazi” verwys. Hy het glo ook voorgestel slawerny moet terugkeer in kommentaar wat op ‘n pornografie-webwerf geplaas is. Die Afro-Amerikaner, wat die opmerkings ontdek, neem aan die November-verkiesing in Noord-Carolina deel teen die Demokratiese kandidaat Josh Stein, die staat se prokureur-generaal. Robinson, wat deur Donald Trump gesteun word, het glo ‘n geskiedenis van opruiende opmerkings.
# Boks: Twee Britse swaargewigte, Anthony Joshua en Daniel Dubois, takel mekaar môre in ʼn IBF-kragmeting voor ʼn rekord-skare van 96-duisend op die Wembley-stadion in Londen. Dubois het die tussentydse IBF-titel in Junie gewen en sy status is tot wêreldkampioen verhoog nadat Oleksandr Usyk van Oekraïne onttrek het. Joshua bevind hom in die verpligte uitdager-posisie vir die wêreldtitel nadat hy in 2022 ʼn tweede agtereenvolgende nederlaag teen Usyk gely het. Joshua sê hy is nou meer volwasse en reg die uitdaging:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-58-sent teen die dollar, 19-rand-62-sent teen die euro en 23-rand-37-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-436-dollar-24-sent. Die prys van goud is twee-duisend-606-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-45-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….