Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 September 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge verwelkom die oproep vir voorstelle om besware teen die NGV te pak
# Eskom bereik ‘n mylpaal in die vermindering van huishoudelike uitstralings naby Mpumalanga-kragstasies
# Krieket: Lungi Ngidi sê die Proteas onderskat Afghanistan glad nie
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê president Cyril Ramaphosa se oproep vir voorstelle om oplossings te vind vir die besware teen die Nasionale Gesondheidsversekering moet aangegryp word. Die president het die NGV vóór die verkiesing in Mei onderteken, hoewel dit is nog nie gepromulgeer en in werking gestel is nie. Makone Maja van die instituut sê ‘n aantal alternatiewe vir die NGV wat Ramaphosa kan oorweeg, sluit in bekostigbare mediese fondse, verpligte mediese fondse vir die formele sektor en gesondheidskoepons:
# Eskom het ‘n reuse mylpaal bereik in sy pogings om huishoudelike uitstralings naby sy Mpumalanga-kragstasies te verminder met die Masibambisane Luggehalte-verminderingsprojek. Die projek, wat 91-persent van geteikende huise in Ezamokuhle herbou het, fokus op die vermindering van steenkool- en houtverbranding deur skoner energiebronne soos elektrisiteit en LP-gas te verskaf. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die uitgebreide projek sal meer as 36-duisend huishoudings in die provinsie bereik:
# Boeing se fabriekswerkers het die eerste keer in 16 jaar begin staak en vervaardiging by die Seattle-sentrum in Amerika tot stilstand gebring. Dit volg nadat lede van die grootste vakbond met ‘n oorweldigende meerderheid gestem het om ʼn kontrakaanbod te verwerp en te staak. Alhoewel albei kante aandui hulle wil ʼn ooreenkoms bereik sodat werk kan hervat, dui die geskiedenis van arbeidsverhoudinge by Boeing en die groot aantal werkers wat die maatskappy se aanbod verwerp, op ʼn lang staking.
# Krieket: Die Proteas-manspan is tans in die Verenigde Arabiese Emirate waar hulle vanaf môre in Sjarja in ʼn eendagreeks van drie wedstryde teen Afghanistan te staan kom. Suid-Afrika bou aan diepte in sy groep deur sommige sleutelspelers ʼn blaaskans te gun en terselfdertyd ander terug te verwelkom, soos Lungi Ngidi, wat na ʼn kuitbesering slaggereed is om die boulaanval te lei. Die 28-jarige snelbouler sê hulle onderskat Afghanistan glad nie:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-61-sent teen die dollar, 19-rand-61-sent teen die euro en 23-rand-28-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-761-dollar-56-sent. Die prys van goud is twee-duisend-582-dollar-69-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-2666-sent per vat.
# Ten slotte: Minstens 274 gevangenes het na hewige oorstromings uit ʼn tronk in die Nigeriese Bongo-staat ontsnap. Hulp-agentskappe berig meer as ʼn duisend mense is in die westelike en sentrale dele van Afrika dood. ʼn Woordvoerder van Nigerië se Korrektiewe Dienste, Abubakar Umar, sê 281 gevangenes het aanvanklik ontsnap na ‘n tronkmuur ineengestort het en hulle na ʼn veilige sekuriteitsfasiliteit geneem is, maar sewe is weer aangekeer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….