Nuus 12:00
BULLETIN 30 Augustus 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa sê Afrika staan sentraal in Suid-Afrika se buitelandse beleidsfokus
# Die Departement van Gesondheid moedig ouers aan om kinders te in te ent te midde van stygende Duitse masels-gevalle
# En, rugby: Etzebeth kruip nader aan Matfield se Springbokrekord van 127 toetse
# President Cyril Ramaphosa het beklemtoon Afrika is die middelpunt van Suid-Afrika se buitelandse beleid, gefokus op die versterking van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Afrika-unie as vredesinstrumente. Hy sê Suid-Afrika werk aan steun vir konflikoplossing in verskeie lande. Ramaphosa sê die BRICS-alliansie is uiters belangrik, met sleutel- buitelandse beleidspilare soos vrede, bestendigheid en handel:
# ActionSA se leier, Herman Mashaba, veroordeel die gekoördineerde aanvalle van die DA en bevestig sy party sal voortgaan met ‘n hersiening van sy verhouding met die veelparty-koalisie in Tshwane. Die party het met die ANC en EFF saamgespan in ‘n poging om die burgemeester, Cilliers Brink, te ontsetel deur ‘n mosie van wantroue. Mashaba sê hulle is ‘n onafhanklike politieke party met strukture en interne prosesse waarby hulle steeds sal hou, ongeag onbehoorlike eksterne inmenging.
# Die Rhodes Universiteit skort van vandag klasse vir ‘n onbepaalde tyd op as gevolg van wateronderbrekings in Makhanda in die Oos-Kaap. Die instelling is reeds sedert verlede Vrydag sonder water. Die visekanselier Sizwe Mabizela sê hulle gebruik tenkwaens om water aan kombuise, koshuise, akademiese geboue en kantore te voorsien, maar dis nie volhoubaar nie. Hy sê hulle het die kwessie by premier Oscar Mabuyane se kantoor aangemeld.
# Die Departement van Gesondheid moedig ouers aan om te verseker hulle kinders se inentings is op datum na ‘n styging in gevalle van Duitse masels in Gauteng, die Wes-Kaap, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Die departement stel die inenting beskikbaar wat op ses-maande en 12-maande toegedien word. Woordvoerder Foster Mohale raai ouers aan om moontlike gevalle van Duitse masels aan te meld en skoolkinders met simptome tuis te hou totdat hulle weer gesond is:
# Rugby: Die Springbokslot Eben Etzebeth kruip al nader aan Victor Matfield se algehele rekord van 127 toetse. Etzebeth en Bryn Habana is tans saam tweede met 124 toetse, en Etzebeth hoop om die rekord aan die einde van die huidige Rugbykampioenskap te verbeter. ‘n Ligte kniebesering het amper sy planne tot die einde van die jaar uitgestel, maar hy het betyds herstel om môre op Ellispark teen die All Blacks te speel. Die 32-jarige Etzebeth het in 2012 sy buiging vir Suid-Afrika gemaak.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-59-sent teen die dollar, 19-rand-57-sent teen die euro en 23-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-546-dollar-21-sent. Die prys van goud is twee-duisend-526-dollar-27-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-24-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….