Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 20 Augustus 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ekonoom waarsku teen ‘n geslag wat net op werkplekgereed fokus te midde van stygende werkloosheid
# Die Christenforum vra regulering van die godsdienssektor vir die herstel van integriteit
# En, rugby: Die Springbokke begin Donderdag voorberei vir die toetse teen die All Blacks
# Die ekonoom van Investec, Setlogane Manchidi, waarsku teen die koestering van ‘n geslag wat net vir tradisionele werkplekke voorberei word. Onlangse syfers toon ‘n styging in Suid-Afrika se werkloosheidskoers. Manchidi het op eNCA die belangrikheid beklemtoon van die opskerp van jongmense se vaardighede en die bevordering van self-indiensneming deur entrepreneurskap. Hy glo die ontwikkeling van entrepreneursvaardighede kan help om werksgeleenthede te skep, werkloosheid te verminder en die ekonomie te versterk:
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christenforum vra die regulering van die godsdienssektor om vertroue en integriteit te herstel. Hulle vra vir ‘n onafhanklike toesigliggaam wat godsdiensleiers aanspreeklik hou en etiese standaarde afdwing. Die forum glo selfregulering is verkieslik bo reëls deur die regering en sal misbruik aanpak, asook wangedrag deur godsdiensleiers. Die forum se leier, Marothi Mashashane, versoek die regering om wette in te stel wat selfregulering in die godsdienssektor verseker om aanspreeklikheid en voldoening te verbeter:
# Santam herbeoordeel sy plaasversekeringsgraderings weens die verhoogde risiko van hael, ryp en brande voor die La Niña-seisoen. Die versekeraar, wat sedert 2014 ‘n styging sien in oesskade, doen uitvoerige haelnabootsing-proefnemings reg oor die land. Die hoof van Landbou-oesversekering Daniel Stevens sê begrip van die uitwerking van weerpatrone op verskillende kultivars is noodsaaklik om boere akkuraat te vergoed. Hy voeg by Santam wil seker maak boere kry regverdige uitbetalings terwyl klimaatverwante risiko’s bestuur word.
# Die gewese Amerikaanse president, Donald Trump, het aanhangers van Taylor Swift die herrie in nadat hy ‘n reeks foto’s op sy Truth Social-rekening geplaas het wat klaarblyklik toon dat Swift hom in vanjaar se verkiesing steun. Verskeie foto’s is duidelik deur kunsmatige intelligensie geskep, waaronder een van Swift met ‘n Uncle Sam-uitrusting langs die slagspreuk “Taylor wants you to vote for Donald Trump”, sowel as foto’s van haar ondersteuners in “Swifties for Trump”-t-hemde. Swift het tot dusver nog nie een van die twee presidentskandidate onderskryf nie, maar het vroeër die Biden-Harris-veldtog gesteun. Swifties sê nou sy moet haar regspan laat reageer.
# Rugby: Die Springbokke is terug op eie bodem na hulle triomfantelike besoek aan Australië en kom Donderdag in Johannesburg byeen om te begin voorberei vir die twee Rugbykampioenskaps-kragmetings met die All Blacks. Die twee aartsvyande pak mekaar die 31ste op Ellispark en ‘n week later in Kaapstad. Suid-Afrika is tans boaan die punteleer met tien punte na hulle twee bonuspunt-oorwinnings oor die Wallabies, wat nog nie punte het nie. Nieu-Seeland is tweede met vyf punte, en Argentinië derde met vier.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-77-sent teen die dollar, 19-rand-70-sent teen die euro en 23-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-811-dollar-68-sent. Die prys van goud is twee-duisend-517-dollar-79-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-72-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….