Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 Augustus 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Transnet het meer as 12-miljard-rand nodig om sy steenkool-uitvoerlyn weer in werking te kry
# Minister Mchunu beloof om korrupsie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens uit te roei
# En, sokker: Manchester City se verhoor oor sy vermeende oortreding van finansiële reëls begin dalk in September
# Transnet het 12,2-miljard-rand en vyf jaar tyd nodig om toerusting op te gradeer en sy hoof-steenkooluitvoerlyn weer in werking te stel. Volgens ‘n interne verslag het steenkool-uitvoere verlede jaar tot 48-miljoen ton gedaal – die laagste in drie dekades. Dit word toegeskryf aan tekortkominge soos ʼn gebrek aan lokomotiewe en foutiewe infrastruktuur. Ander uitdagings is diefstal, opsetlike beskadiging en sinjaal-probleme. Transnet beplan om uitvoere tot 78-miljoen ton te verhoog. Hy waarsku egter dat dit tot 38-miljoen ton kan daal indien niks aan die saak gedoen word nie.
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê die werk gaan voort om alle korrupsie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens uit te roei. Dit volg nadat vier polisiebeamptes in die Misdaadintelligensie-eenheid, en ʼn werknemer van First National Bank onlangs in Gauteng vasgetrek is vir beweerde korrupsie, afpersing, ontvoering en aanranding. Die minister se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê interne tugprosesse sal dringend teen die polisiebeamptes ingestel word:
# Die Vryemarkstigting sê die Nasionale Gesondheidsversekering was die perfekte sondebok vir die ANC om rekenpligtigheid te vermy vir die erge wanbestuur van openbare gesondheidsdienste. Die Hooggeregshof in Pretoria het verlede maand beslis sekere bepalings van die Wet op die NGV is ongrondwetlik. Die uitspraak hou verband met die behoeftesertifikaat wat voorskryf waar dokters kan praktiseer. Mike Settas van die stigting sê die sertifikaat sou veroorsaak het dat privaat dokters diensknegte van die staat word:
# Sokker: Die verhoor oor Manchester City se vermeende 115 oortredings van die Premierliga se finansiële regulasies kan na verwagting van November tot volgende maand vervroeg word. Die heersende Premierliga-kampioen is verlede jaar aangekla dat hy tussen 2009 en 2018 reëls oor finansiële regverdigheid oortree het. Die klub het die Premierliga in dié tydperk drie keer gewen. City ontken al die aantygings. Indien die verhoordatum na middel- of laat-September verskuif, kan uitspraak volgens berigte vroeg volgende jaar verwag word.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-18-sent teen die dollar, 19-rand-87-sent teen die euro en 23-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-304-dollar-61-sent. Die prys van goud is twee-duisend-461-dollar-9-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-97-sent per vat.
# En ten slotte: Die SAG-AFTRA-stigting het amptelik sy deure geopen in sy nuwe hoofkwartier in Los Angeles, die Meryl Streep-sentrum vir Uitvoerende Kuns. Die tegnologies-gevorderde sentrum is opgerig ter ere van die legendariese aktrise, wat die mees filantropiese skenker in die stigting se byna 40-jarige bestaan is. Die stigting sê die sentrum is ontwerp om SAG-AFTRA-studente te help om hul vaardighede te verfyn en hul loopbane te bevorder. Ander ruimtes in die sentrum is na ander akteurs vernoem wat net so betrokke was, insluitend Nicole Kidman, Tom Hanks en Leonardo DiCaprio.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….