Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 22 Julie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Onderwysaktivis sê Ramaphosa moenie die Bela-wetsontwerp oorhaastig bekragtig nie
# ACSA verwerp bewerings van diskriminasie tydens standaard-sekerheids-ondersoeke
# En, die Olimpiese Spele: Die Blitsbokke is gereed vir die openingswedstryd teen Ierland in Parys
# ‘n Onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, waarsku president Cyril Ramaphosa om nie die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette oorhaastig te bekragtig nie. Die Bela-wetsontwerp wat in Maart in die Nasionale Vergadering aanvaar is, wysig sekere afdelings van die Skolewet van 1996 om te reageer op probleme met skole se administrasie en beheer. Makaneta sê Ramaphosa moet seker maak die wetsontwerp kan regs-uitdagings weerstaan:
# Die Lughawensmaatskappy sê hy het geen beleid of prosedure wat teen enige passasier of lughawegebruiker diskrimineer op grond van geslag, ras, kulturele gebruik, geloof of plek van herkoms nie. Dit volg op berigte verlede week dat daar teen passasiers gediskrimineer is tydens ‘n veiligheid-siftingstoets op ‘n lughawe. Mzwandile Petros van Acsa sê fisieke deursoekings word te alle tye uitgevoer met die nodige sensitiwiteit vir erkende godsdienstige en kulturele praktyke, en daar word nie gediskrimineer nie.
# Wêreldleiers het gereageer op die Amerikaanse president, Joe Biden, se besluit om aan die presidensiële wedloop te onttrek. Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het Biden bedank vir sy ondersteuning en leierskap in die oorlog teen Rusland. Israel se president, Isaac Herzog, het Biden bedank vir sy vriendskap en ondersteuning en beskryf hom as ʼn bondgenoot van die Joodse volk. Nieu-Seeland se eerste minister, Christopher Luxon, sê Biden het sy lewe aan openbare diens gewy en dit verdien respek.
# Olimpiese Spele: Die veteraan-Blitsbok Rosko Specman sê hulle is gereed vir ʼn taai stryd teen Ierland in Woensdag se aanvangswedstryd in Parys. Die ander spanne in Groep A is Nieu-Seeland en Japan. Specman, wat deel was van die span wat in 2016 ʼn brons medalje op die Spele in Rio gewen het, sê die byeenkoms is altyd ʼn hoogtepunt:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-26-sent teen die dollar, 19-rand-89-sent teen die euro en 23-rand-60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-358-dollar-91-sent. Die prys van goud is twee-duisend-401-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-85-sent per vat.
# En ten slotte: ʼn Sonbril met blou-gekleurde ronde lense van John Lennon gaan na verwagting sowat 70-duisend-rand haal wanneer dit volgende week in Engeland opgeveil word. Die Beatles se mede-hoofsanger en ritme-kitaarspeler het die bril in 1968 aan ʼn man gegee wat die Abbey Road-ateljee besoek het. Die sonbril word opgeveil saam met 33 swart-en-wit-foto’s wat in 1968 en ’69 in Abbey Road geneem is. Dit sluit ʼn album-omslag van die Beatles in waar die groep ʼn voetoorgang oorsteek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….