Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 12 Julie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê hy het nie sy standpunt oor die Nasionale Gesondheidsversekering verander nie
# Saftu vra meer vervolgings in die VBS Mutual Bank-plundery
# En, motorsport: Die aanbieders van F1-snelrenne vir die volgende seisoen bevestig
# Die DA sê hy is steeds gekant teen die Nasionale Gesondheidsversekering in sy huidige formaat en meen dit sal Suid-Afrika se privaat gesondheidsorgstelsel vernietig. Die DA en die Vryheidsfront Plus, wat deel is van die regering van nasionale eenheid, het in die verlede met regstappe gedreig om die instelling van die NGV te keer. Michéle Clarke van die DA sê die NGV in sy huidige formaat is onbekostigbaar en moet dringend hersien word:
# Die vakbondfederasie Saftu vra die vervolging van ander individue wat betrokke was by die VBS Mutual Bank-skandaal. Die federasie veroordeel die plundery van bykans twee-miljard-rand wat gelei het tot die ineenstorting van die bank en werkers en pensioenarisse benadeel het. Saftu se woordvoerder, Mogoshadi Maserumule, vra verskerpte pogings om korrupsie in alle sektore uit te roei, en streng strawwe om die ekonomiese en politieke elite af te skrik:
# Die Save South Africa burgerlike beweging sê hy is bemoedig deur die werk van die nuwe minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie. Die minister het dié week ‘n einde gebring aan alle gratis reise van sport-superaanhangers en sê die geld wat die departement daarop uitgee, kan beter êrens anders aangewend word. Hy het ook die name van atlete en kunstenaars gepubliseer wat befondsing van die departement ontvang tydens die Covid-19-pandemie. Tebogo Mashilompane van die beweging sê McKenzie kry dinge gedoen:
# Motorsport: Formule Een het aangekondig dat ses Grand Prix-snelrenne volgende jaar aangebied gaan word – dieselfde getal as vanjaar. China, Miami, België, Austin, Brasilië en Katar is gekies om dié alternatiewe formaat aan te bied. Sao Paulo in Brasilië bied die snelren elke jaar sedert 2021 aan terwyl België dit die eerste keer sedert verlede jaar sal aanbied. F1 se voorsitter, Stefano Domenicali, sê die snelrenne was tot nou ‘n groot sukses want dit bied toeskouers meer aksie op die baan.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-95-sent teen die dollar, 19-rand-52-sent teen die euro en 23-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-159-dollar-62-sent. Die prys van goud is twee-duisend-405-dollar-6-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-97-sent per vat.
# Ten slotte: Die inDrive-e-taxidiens sê e-taxibestuurders in Suid-Afrika verdien minder as die minumumloon van 27-rand-58-sent per uur weens stygende brandstofpryse, voertuighuurfooie en verhoogde kommissie. Vincent Lilane van inDrive sê die bedryf het te doen met inkomste-uitdagings wat ‘n uitwerking het op bestuurders se welstand en veiligheid. Hy maak voorspraak vir regverdige pryse, bestuurderbeheer oor fooie en die uitbreiding van aanmoedigingsprogramme om inkomste te verbeter en die bedryf se reputasie te verbeter te midde van vinnige groei.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….