Nuus 12:00
BULLETIN 8 Julie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Kaapse provinsies steier steeds onder uiterste winterweer
# Miljoene Gautengse leerders kan skool-etes misloop weens ‘n tendergeskil
# And tennis: Andy Murray is uiters teleurgesteld omdat sy Wimbledon-loopbaan plotseling beëindig word
# Die eerste van talle koue fronte het gister die land bereik en die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê rampspanne hou die gevolge van die gure weer dop. Erge donderstorms, skadelike wind en swaar reën het gister in die provinsie voorgekom en oorstromings is in die Weskus en Kaapse Wynland-distrik aangemeld. Winde sê ‘n vlak ses-waarskuwing is uitgereik vir ontwrigtende sneeuval oor die berge, asook die suidelike hoogliggende gebiede van die Namakwa-distrik:
Die Oos-Kaapse Department van Vervoer sê intussen Barkly-pas op die R58 tussen Barkly-Oos en Lady Grey is gesluit vir verkeer weens swaar sneeuneerslae. Woordvoerder Unathi Binqose raai padgebruikers aan om ekstra versigtig te wees, veral in die hoërliggende gebiede en bergpasse, want dit sneeu steeds, hoofsaaklik in die noordelike dele van die provinsie:
# President Cyril Ramaphosa sê die kragnetwerk bly onder druk, ongeag die meer as honderd dae dat die land nou sonder beurtkrag is. Eskom het die verbetering toegeskryf aan sy bedryfsherstelplan vir kragopwekking, sy verbeterde instandhoudingsprogram en die beter werking van kragstasies. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief die moontlikheid kan nie uitgesluit word dat beurtkrag weer ingestel kan word nie. Ramaphosa het egter bygevoeg die verhoogde betroubaarheid in die kragtoevoer is ‘n hupstoot vir die land se ekonomie.
# Miljoene leerders in Gauteng kan skoolmaaltye misloop wanneer die derde kwartaal môre begin. Dit is weens ‘n tendergeskil. Dit volg op ‘n dringende aansoek deur LTC Holdings wat die Hooggeregshof in Pretoria op die 27ste sal aanhoor. Die tender van ‘n miljard-rand vir maaltye vir meer as ‘n miljoen leerders is deel van ‘n nasionale program. LTC beweer die tenderproses was foutief. Die Gautengse Departement van Onderwys hersien die aansoek.
# Tennis: Die voormalige wêreld nommer een, Andy Murray, is uiters teleurgesteld omdat sy Wimbledon-loopbaan skielik beëindig is. Sy Britse landgenoot Emma Raducano het onverwags onttrek aan hulle gemengde dubbelspel weens ‘n stywe gewrig, en sê sy kan nie dubbels én enkels speel nie. Die 37-jarige Murray, wat in 2013 en 2016 die Wimbledon-kampioen was, het vroeër aangedui hy sal na die Olimpiese Spele uittree. Hy moes onttrek aan die enkelspel, terwyl hy en sy broer Jamie in die eerste ronde van die mans-dubbelspel verslaan is.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-67-sent teen die dollar, 20-rand-26-sent teen die euro en 23-rand-79-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 56-duisend-438-dollar-72-sent. Die prys van goud is twee-duisend-376-dollar-91-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-99-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….