Nuus 12:00
BULLETIN 13 Augustus 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa betuig sy medelye met Zimbawe na die veerboot-tragedie op die Kariba-meer
# Die krisis met Suid-Afrika se ingenieursvaardighede vra dringende optrede
# En tennis: Dis Ben Shelton teen Brandon Nakashima, en Elena Rybakina teen Iga Swiatek in die Kanadese Ope se eindstryde
# President Cyril Ramaphosa het medelye betuig met die regering en mense van Zimbabwe na die tragedie op die Kariba-meer. Minstens 44 mense is dood toe ‘n oorlaaide veerboot gister omgeslaan het toe ‘n golf dit getref het. Sewe-en-sewentig mense is tot dusver gered. President Emmerson Mnangagwa het ʼn ramptoestand afgekondig. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê hulle dink ook aan die oorlewendes en gesinne wat wag op nuus terwyl reddingspogings voortduur:
# Die waarnemende nasionale polisie-kommissaris, Puleng Dimpane, het bykomende spesialis-bystand ontplooi vir die reddings-, herstel- en ondersoekoperasies in ‘n ongebruikte myn in Nkaneng in Rustenburg, Noordwes. Veertien liggame van vermeende onwettige mynwerkers is Dinsdag uitgehaal nadat die wande van die skag ingetuimel het. Agt oorlewendes is gered. Woordvoerder Nonkululeko Phokane sê die operasie word ondersteun deur kundiges, hulpbronne en personeel wat nodig is om die ondersoek en reddingspogings vlot te laat verloop:
# City Power in Johannesburg sê die huidige kragonderbrekings is nie ʼn aanduiding dat die netwerk nie die weer kan hanteer nie. Reën, ligte sneeu en sterk wind teister dele van Gauteng en die kragvoorsiener hanteer ses-duisend agterstallige oproepe oor kragonderbrekings. Woordvoerder Isaac Mangena sê die voorvalle word deur ʼn aantal faktore veroorsaak, insluitend groter aanvraag, infrastruktuufoute, opsetlike beskadiging en die diefstal van noodsaaklike elektrisiteits-infrastruktuur:
# Die Ikusasa-studente-finansieringsprogram vra sterker samewerking tussen die regering, skole, universiteite en ondernemings om die tekort aan professionele ingenieurs en inligtingstegnologie-personeel teen te werk. Die organisasie sê Suid-Afrika benodig beter loopbaan-voorligting, studentesteun en befondsing om meer jongmense te help om te kwalifiseer vir loopbane met skaars vaardighede. Hy voeg by die bou van ‘n sterker pyplyn van ingenieurs- en tegnologie-gegradueerdes is noodsaaklik om infrastruktuur-ontwikkeling, vernuwing en langtermyn-ekonomiese groei te ondersteun.
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Ben Shelton, en sy Amerikaanse landgenoot, Brandon Nakashima, gaan sake uitspook in die eindstryd van die Kanadese Ope in Montreal. Shelton het nog ‘n Amerikaner, Learner Tien, uitgeskakel terwyl Nakashima die Spanjaard Rafael Jodar verslaan het om sy eerste ATP Meesters-een-duisend-eindstryd te haal. In die vroueafdeling in Toronto sal die wêreld-nommer-twee, Elena Rybakina van Kazakstan, en Iga Swiatek van Pole in die eindstryd kragte meet. Rybakina het die Amerikaner Coco Gauff in drie stelle geklop terwyl Swiatek met Elina Svitolina van Oekraïne afgereken het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-18-sent teen die dollar, 18-rand-65-sent teen die euro en 21-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-821-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-367-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 90-dollar-44-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….