Nuus 12:00
BULLETIN 2 Junie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Oorstromings in die Oos-Kaap laat minstens twee dood en vier vermis
# Nie alle politieke partye stem saam dat stemme oorgetel word nie
# En, Rugby: Die Blitsbokke pak vandag vir Australië in die vyfdeplek-halfeindronde in Madrid
# Twee mense, onder wie ‘n babameisie, is dood na oorstromings in Kariega in Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap. Vier vroue word vermis. Die woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê minstens 70 mense is in 55 reddingsoperasies na veiligheid gebring by verskillende versamelpunte. Soek- en reddingsoperasies duur voort:
# Terwyl die Verkiesingskommissie besware teen die verkiesingsuitslag oorweeg, stem nie alle politieke partye saam dat daar weer gestem word nie. Die kommissie het 579 klagtes ontvang. Partye soos die MK-party, Vryheidsfront Plus, ACDP en UDM beskuldig die OVK van onreëlmatighede in die stem-optekenproses. Die IVP-president, Velenkosini Hlabisa, sê dis nie nodig dat stemme weer getel word nie omdat party-agente teenwoordig was tydens die telproses. Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie wat die DA beskuldig het dat hy stemme in die Wes-Kaap gesteel het, sê hy sal die OVK se besluit oor die kwessie aanvaar.
In ander verkiesingsnuus doen die DA ‘n beroep op RISE Mzansi om eerlik te wees oor die skenking van 15-miljoen-rand wat hy van ʼn organisasie bekend as We Are The People ontvang het. Politieke partye se bekendmaking van fondse is eers die afgelope drie jaar behoorlik in Suid-Afrika ingestel. Dit stel kiesers in staat om te besluit vir wie hulle stem. Dion George van die DA sê deur die geld wat aan die organisasie geskenk is aan ʼn politieke party oor te dra, hou dit ook die fondse se bron agter die skenking geheim:
Verkiesingsnuus uit Indië waar daar die afgelope ses weke gestem is in die land se verkiesing, het minstens 33 Indiese verkiesingspersoneel in slegs een staat gister op die laaste stemdag weens sonsteek gesterf na versengende hitte dele van die land getref het. Terwyl daar berigte is van talle sterftes weens die intense hittegolf, was die tientalle sterftes van personeel op een dag besonder sombere nuus. Die Indiese weerkantoor het gesê temperature by Jhansi in Uttar Pradesh het 46,9 grade Celsius bereik.
# En, laastens, Rugby: Die Springbok-sewes takel vandag Australië in die vyfdeplek-halfeindronde in Madrid nadat hulle al drie hul Groep B-wedstryde in Spanje verloor het. Die Blitsbokke het Vrydag met 26-21 teen Ierland verloor en gister met 33-24 teen Nieu-Seeland die knie gebuig. Daarna het Fidji hulle in die laaste Groep B-kragmeting met 26-7 afgeransel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….