Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Mei 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Nersa registreer 105 opwekkingsaanlegte
# Fawu kritiseer die vroeë opskorting van die soektog na vermiste vissers
# En, krieket: Sunrisers Hyderabad en Rajasthan Royals baklei om ‘n plek in die IPL-eindstryd
# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het tussen Januarie en Maart vanjaar 105 opwekkingsaanlegte geregistreer. Die algehele beleggingswaarde is 18,4-miljard-rand en dit sal 788 megawatt elektrisiteit opwek. Nersa se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die geregistreerde aanlegte sluit in foto-voltaïese sonkrag met battery-stelsels, windturbines, gemengde opwekking en gas:
# Die vakbond Fawu sê die soektog na die elf vermiste vissers aan die Kaapse kus is voortydig afgelas. Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsagentskap sê die soek- en reddingseenhede wat aktiveer is nadat die vistreiler gesink het, het niks opgelewer nie. Die vaartuig lê 300-meter onderwater, wat dit onmoontlik maak om liggame te herwin. Fawu se Wes-Kaapse sekretaris, Zolani Mbanjwa, is bekommerd oor veiligheid in die visbedryf:
# Die Amerikaanse president, Joe Biden, en sy ampsgenoot van Kenia, Williams Ruto, onderneem om demokrasie in Afrika te beskerm. Die twee leiers het tydens Ruto se ampsbesoek aan die Withuis samewerking met tegnologie, sekerheid en skuldverligting beklemtoon. Die besprekings het onder meer gefokus op die bekamping van terrorisme, ekonomiese bande en belegging in groen energie. Ruto het ‘n beroep op Amerika gedoen om steun aan Afrika-lande te versterk:
# Krieket: Vanjaar se Indiese Premierliga staan einde se kant toe, en die voorlaaste wedstryd word vandag gespeel. Sunrisers Hyderabad en Rajasthan Royals pak mekaar in die tweede kwalifiseerder in Chennai. Sunrisers het in die eerste kwalifiseerder verloor teen Kolkata Knight Riders, wat boaan die punteleer geëindig het, terwyl Rajastan vir Royal Challengers Bengaluru verslaan het in Woensdag se uitklopstryd. KKR het die toernooi reeds twee keer gewen, Sunrisers is in 2022 tot kampioen gekroon en Rajasthan het in 2008 gewen.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-42-sent teen die dollar, 19-rand-94-sent teen die euro en 23-rand-40-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-896-dollar-56-sent. Die prys van goud is twee-duisend-338-dollar-13-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-25-sent per vat.
# Ten slotte: Die jongste algemene huishoudelike opname van Statistieke Suid-Afrika het onthul 23-persent van die land se huishoudings maak op maatskaplike toelaes staat as hulle hoofbron van inkomste. Dis ‘n toename van 20-persent sedert 2019. Statistikus-generaal Risenga Maluleke sê die Covid-19 Ters-toelaag dra by tot die toename in maatskaplike toelaes. Die opname toon ook 83-persent huishoudings in metropolitaanse gebiede, veral Kaapstad en Johannesburg, leef in formele behuising terwyl 16-persent in informele nedersettings bly.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….