Nuus 12:00
BULLETIN 15 Mei 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa besoek die ramptoneel in George
# ‘n Pretoriase student sterf in ‘n vermeende stormloop
# En, krieket: Stubbs lei die Delhi Capitals na ‘n oorwinning en hou hoop op IPL-uitspeelronde lewend
# President Cyril Ramaphosa besoek die ramptoneel in George môre na die dodelike ineenstorting van ‘n deels-voltooide woonstelgebou. Die regering en rampbestuuragentskappe het sedert die voorval verlede Maandag op alle vlakke personeel en bronne mobiliseer vir die reddingspoging en steun gegee aan die oorlewendes en die families van die slagoffers. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president volg die reddings- en opspoorpogings nougeset en spreek sy diepe meegevoel uit met die familie en vriende van die slagoffers. Die sterftesyfer staan tans op 33.
# Koalisies word geprys vir hulle potensiaal om inklusiewe regering te vergemaklik, maar daar is kommer oor hulle bestendigheid en bestuursdoeltreffendheid, veral in Suid-Afrika se komende verkiesing. So sê die Suid-Afrikaanse Instituut van Internasionale Aangeleenthede. Isabel Bosman van die instituut sê daar is ‘n gebrek aan ‘n koalisie-bestuurskultuur in die land:
# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie sê hulle is hartseer oor die ontydige dood van ‘n tweedejaar-student op die Pretoria-kampus. Carol Mabunda, wat besig was met ʼn nasionale diploma in kontak-administrasie, is volgens berigte dood nadat ʼn stormloop die naweek by die Freshers Bash plaasgevind het. Die universiteit sê hy wag op die polisie se amptelike verslag, en voeg by hy bied soveel moontlik steun aan Mabunda se familie.
# ‘n Oostenrykse hof het beslis die land se mees berugte misdadiger mag na ‘n gewone tronk verskuif word. Josef Fritzl word sedert 2009 in ‘n inrigting vir geestelik-versteurde gevangenes aangehou nadat hy skuldig bevind is omdat hy sy dogter, Elisabeth, 24-jaar lank gevange gehou en sewe kinders by haar verwek het. Die hof sê die 89-jarige-man, wat intussen sy naam verander het, is nie meer ‘n gevaar vir ander nie weens sy gevorderde demensie en fisieke swakheid. Elisabeth en haar ses oorlewende kinders het nuwe identiteite aangeneem.
# Krieket: Delhi Capitals het sy groepsfase van die Indiese Premierliga afgesluit met ʼn sege van 19 lopies oor Lucknow Super Giants om op koers te bly vir ʼn plek onder die top vier, al is dit net wiskundig gesproke. Die Capitals het 208 vir vier behaal met vyftigtalle deur die Protea-kolwer Tristan Stubbs, en Abishek Porel. Super Giants is daarna beperk tot 189 vir nege nadat Ishant Sharma drie paaltjies laat kantel het. Stubbs sê dit was nie die maklikste kolfblad nie:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-36-sent teen die dollar, 19-rand-87-sent teen die euro en 23-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-126-dollar-67-sent. Die prys van goud is twee-duisend-363-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-77-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….