Nuus 12:00
BULLETIN 18 April 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Energie-ontleder sê die vraag na Eskom-elektrisiteit is besig om af te neem
# AfriForum vra registrasie op sy Waterkrisisportaal
# En, krieket: Die Engelse bouler Archer sê hy kan nie nog beserings hanteer nie
# Die energie-ontleder Chris Yelland sê sake-ondernemings en huishoudings gebruik minder Eskom-krag, wat die voortgesette opskorting van beurtkrag verduidelik. Dis vandag die 22ste agtereenvolgende dag sonder beurtkrag, en die kragvoorsiener skryf dit toe aan voldoende opwekkingsvermoë. Yelland sê alternatiewe kragbronne soos sonpanele op dakke en kommersiële installerings vul die nasionale kragnetwerk se beskikbare elektrisiteit aan. Hy sê die stygende koste van elektrisiteit laat sakeondernemings ook na alternatiewe kragbronne soek.
# AfriForum het organisasies, ingenieurs, spesialiste en belanghebbendes in waterbestuur versoek om op sy Waterkrisisportaal te registreer. Die organisasie se Omgewingsakebestuurder, Lambert de Klerk, sê die veldtog het ten doel om ‘n omvattende lys van kundigheid en hulpbronne saam te stel om wateruitdagings aan te pak. Hy beklemtoon die belangrikheid van samewerking om volhoubare oplossings te vind:
# Cosatu sê Ou Mutual en Santam moet geloof word vir die besluit om ‘n minimum salaris van 15-duisend-rand per maand in te stel. Santam, wat sowat 35-miljard-rand werd is op die Johannesburgse Aandelebeurs, het ses-duisend-472 werknemers wat dit een van die grootste werkgewers in die versekeringsbedryf maak. Matthew Parks van Cosatu sê een van die oogmerke van ʼn nasionale minimum loon is om werkers wat uitgebuit word se salarisse te verhoog:
# Krieket: Engeland se snelbouler, Jofra Archer, het erken hy sal sukkel om enige nuwe beserings te hanteer. Hy word deur ʼn magdom fiksheidsprobleme geteister sedert hy die internasionale kriekettoneel in 2019 betree het. Archer het in Mei verlede jaar laas mededingende krieket gespeel weens ʼn herhaalde stresfraktuur in sy regter-elmboog. Hy sê hy hoop om gereed te wees vir die T20-Wêreldbekertoernooi wat in Junie in Amerika en sy vaderland, die Karibiese Eilande, plaasvind.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-1-sent teen die dollar, 20-rand-30-sent teen die euro en 23-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-127-dollar-78-sent. Die prys van goud is twee-duisend-379-dollar-87-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-67-sent per vat.
# En ten slotte, Kaapstad se onderburgemeester, Eddie Andrews, en die wenner van die tweede seisoen van The Voice South Africa, Craig Lucas, het albei gegradueer aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Lucas is bekend vir sy musiektalent en het ‘n Meestersgraad in Ontwikkelingstudies ontvang. Hy wil graag in die nabye toekoms ‘n doktorsgraad aandurf. Sy tesis het gefokus op jeug-verwagtinge in Bonteheuwel. Andrews, ‘n gewese Springbok-rugbyspeler, het ‘n Honneursgraad gekry in BA Administrasie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….