Nuus 11:00
NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 10 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Nzimande dreig met regstappe teen Thuja Capital se uitvoerende hoof
# Tennis, Naomi Osaka keer terug na tennis by die Brisbane Internasionale toernooi
# En, Amerikaanse chirurge voer die wêreld se eerste volledige oogoorplanting uit
# Die Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie, Blade Nzimande, sê sy regspan gaan ‘n staak-en-weerhou-brief aan die uitvoerende hoof van Thuja Capital, Mthunzi Mdwaba, stuur waarin hy gevra word om op te hou om sy naam te skend. Nzimande is een van die ministers wat deur Mdwaba daarvan beskuldig word dat hy mense na hom gestuur het om hom af te pers om 500-miljoen-rand te betaal uit sy maatskappy se inkomste van vyf miljard rand uit ‘n werkloosheidsversekeringskema. Nzimande se woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê die bewerings is vals en lasterlik:
Speel klankgreep: ENG MnisiOnAllegations
# Die Polisie- en Gevangenisse-vakbond, Popcru sê hy is ontevrede oor die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se kommentaar oor vermeende misdadigers wat aan die hand van die polisie sterf. Popcru bestempel OPOD se opmerkings as roekeloos, gegewe die uitdagings waarmee lede te kampe het. Die vakbond doen ‘n beroep op lede om nie te huiwer om hulself te beskerm te midde van toenemende polisiemoorde en geweldsmisdade nie. Hulle vra dringende herstrukturering binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens en wysigings aan die Strafproseswet om wetstoepassing te beskerm. Die vakbond beplan om met die hoof van OPOD, Jennifer Ntlatseng, te praat.
# Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling faal steeds die inwoners deur nie sy sleutelteikens te haal nie, wat dienslewering en werkskepping negatief beïnvloed. Patrick Atkinson van die DA sê volgens die departement se jaarverslag vir die 2022/2023-boekjaar, het hulle nie die werkskeppingsteiken van 572-duisend-784 poste gehaal nie. Hy sê slegs drie-duisend-en-62 werksgeleenthede is deur die verskillende programme geskep, wat kommerwekkend en onaanvaarbaar is:
Speel klankgreep: ENG PatrickonTargets
# Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Naomi Osaka, sal haar terugkeer na die WTA-toernooi begin met deelname aan die Brisbane Internasionale toernooi, wat op 31 Desember begin. Die toernooi is ‘n opwarming voor die Australiese Ope. Die viermalige Grand Slam-kampioen het nog nie gespeel sedert die Toray Pan Pacific Ope in September 2022 nie. Sy het haar in Januarie vanjaar aan die toernooi onttrek en in Julie die lewe geskenk aan haar dogter, Shai. Osaka sê sy is baie opgewonde om weer op die baan te wees en weer mee te ding.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-67-sent teen die dollar, 19-rand-90-sent teen die euro en 22-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 36-duisend-563-dollar-30-sent. Die prys van goud is een-duisend-954-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 80-dollar-36-sent per vat.
# En, laastens: Chirurge in New York het die wêreld se heel eerste volledige oogoorplanting uitgevoer. Aaron James, wat ‘n hoog-spanning elektriese ongeluk oorleef het, het in Mei vanjaar ‘n operasie van 21 uur ondergaan waartydens die helfte van sy gesig vervang is . Een van die voorste chirurge in die span, dokter Eduardo Rodriguez, het aan CNN gesê dit was ‘n uitdaging om die hele oog, die oogbal, sy bloedtoevoer én die kritieke oogsenuwee wat dit met die brein moet verbind, oor te plant:
Speel klankgreep: ENG RodriguezOnSurgery
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….