Nuus 11:00
BULLETIN 24 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa wen die Hooggeregshofsaak oor die ampsklag-proses teen hom
# Die VN-hoof waarsku die oorlog tussen Amerika, Israel en Iran dryf die Midde-Ooste na die ondenkbare
# En rugby: Verskeie veranderinge word aan die Junior Bok-vrouespan aangebring vir die laaste wedstryd teen Amerika
# Die Hooggeregshof in Kaapstad het die ampsklagproses teen president Cyril Ramaphosa gestaak hangend ‘n regshersiening. Meer in ons volgende bulletin.
Ramaphosa sê intussen te veel munisipaliteite, gemeenskappe en sake-ondernemings kan nie meer staatmaak op veilige, betroubare waterdienste nie en dit bedreig openbare gesondheid, ekonomiese bedrywighede en maatskaplike bestendigheid. Hy het die Nasionale Water-aksieplan bekendgestel om betroubare watervoorsiening te verseker en mislukte munisipaliteite, korrupsie en infrastruktuur-agterstande te hanteer. Ramaphosa sê die omvang van die probleem eis dringende nasionale ingryping en ‘n basiese verskuiwing in die manier waarop waterdienste bestuur word:
# Die Tegnologie-vernuwingsagentskap en die Onderwys- en Opleidingsowerheid vir die Groothandel- en Kleinhandelsektor het ‘n vennootskap onderteken om die ekostelsel vir vernuwing, vaardighede en entrepreneurskap te versterk. Die ooreenkoms het ten doel om vaardigheidsontwikkeling beter te verbind met tegnologie en ondernemingsgroei, deur programme soos internskappe, ondersteuning vir nuwe ondernemings, beurse en entrepreneurskaps. Titus Mathe van die agentskap sê die vennootskap sal help om jongmense, vroue en gestremdes toe te rus met die vaardighede wat nodig is om ondernemings te begin, werk te kry en ekonomiese groei te ondersteun.
# Die Gautengse metro Ekurhuleni sê sy algehele uitstaande krediteure-balans was einde Mei sowat agt-miljard-rand. Ongeveer 50-persent het verband gehou met fakture wat nog nie hul betaaldatum bereik het nie. Die metro het egter slegs twee-miljard-rand in sy bankrekening. Ekurhuleni skuld Eskom 5,7-miljard-rand, Rand Water 555-miljoen-rand, provinsiale regeringsdepartemente 293-miljoen-rand en kontrakteurs 669-miljoen-rand. Die stad sê hy gaan voort om inkomste-invordering en kredietbeheer-maatreëls te verbeter om kontantvloei te versterk en geleidelik uitstaande krediteure-balanse te verminder.
Nuus uit die buiteland:
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die toenemende konflik tussen Amerika en Iran buite beheer raak en die Midde-Ooste op die rand van die ondenkbare plaas. Oliepryse het skerp gestyg nadat president Donald Trump gedreig het dat hy ʼn reuse-aanval teen Teheran oorweeg, groter as wat hy reeds uitgevoer het. Guterres sê die streek word toenemend by die konfrontasie betrek:
# Rugby: Die afrigter van die Junior Springbok-vroue, Hayden Groepes, het verskeie veranderinge aangebring aan die span wat vandag in Stellenbosch teen Amerika se onder-20s speel in die laaste van twee wedstryde. Die Amerikaners het die eerste kragmeting 47-12 gewen. Beserings het Groepes genoop om veranderinge aan te bring, insluitend ses aan sy agterspelers. Keira Snyman maak haar buiging op linkervleuel. Groepes sê hulle fokus om die span se diepte te versterk:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-78-sent teen die dollar, 19-rand-12-sent teen die euro en 22-rand-38-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-658-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-45-dollar-88-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 92-dollar-85-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….