Nuus 11:00
BULLETIN 9 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Politieke ontleder sê die Staatsrede was ‘n verkiesingsfoefie
# Vladimir Putin beskuldig Westerse lande dat hulle die oorlog in Oekraïne uitrek
# En krieket, Kaapstad is gereed vir ‘n opwindende einde van die SA20-seisoen
# Die politieke ontleder, Daniel Silke (Silk), sê die staatsrede was ‘n verkiesingstoespraak deur ‘n president met ‘n middelmatige tot ‘n misrabele en skadelike termyn. Opposisiepartye het president Cyril Ramaphosa se toespraak gekritiseer en gesê dit was ver van die werklikheid verwyder en ‘n mislukte poging om die ANC se verkiesingsmanifes bekend te stel. Silke sê Ramaphosa moes noodgedwonge terugval op die regerende party se geskiedkundige prestasies, omdat die kanse vir tasbare suksesse in sy termyn verspeel is:
# Freedom Under Law wil ingryp by die geskorste Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, se aansoek by die Konstitusionele Hof. Hy het die hoogste hof genader en vra dat die Parlementêre Justisiekomitee se aanbeveling aan die Nasionale Vergadering dat hy uit sy regs-amp verwyder word, van die hand gewys word. Hy wil ook hê die hof moet die Parlement opdrag gee om reëls te aanvaar vir die beskuldiging van regters. Freedom Under Law sê Hlophe wil net regterlike aanspreeklikheid vermy.
# RISE Mzansi in KwaZulu-Natal het die moord op nóg ‘n raadslid in die provinsie veroordeel. ’n IVP-raadslid in die Nongoma-munisipaliteit en ’n leerder is Woensdag doodgeskiet. Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het die nasionale taakspan wat politieke moorde ondersoek ná die voorval in die gebied ontplooi. Nonkululeko Hlongwane-Mhlongo van RISE Mzansi, sê politieke moorde is al jare lank ’n kwessie in dié provinsie:
# Die Russiese president, Vladimir Putin, het Amerika en ander Westerse lande beskuldig dat hulle die oorlog in Oekraïne uitrek. Putin het in ‘n onderhoud van twee ure met die omstrede gewese aanbieder van Fox News, Tucker Carlson, in Moskou beklemtoon sy land het die reg om homself te verdedig wanneer sy nasionale veiligheid bedreig word. Hy beweer as Amerika ophou om wapens aan Oekraïne te verskaf, sal die oorlog binne weke verby wees. Dit volg nadat die Amerikaanse senaat gister die buitelandse-hulppakket van 1,8-duisend-miljard-rand aan Oekraïne en Israel goedgekeur het.
# Krieket: Die Stad Kaapstad sê hy is gereed om môre die SA20-eindstryd op Nuweland aan te bied. Die verdedigende kampioen, die Sunrisers Eastern Cape, sal Durban’s Super Giants die stryd aansê. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die eindstryd voor ongeveer 17-duisend toeskouers sal die toernooi van 34 wedstryde afsluit, met ondersteuners wat wêreldklas krieket in ses verskillende stede kon sien:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-92-sent teen die dollar, 20-rand-39-sent teen die euro en 23-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-257-dollar-37-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-33-dollar-44-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-51-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….