Nuus 11:00
BULLETIN 1 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa vra kiesers om oor die verkiesingsuitslag te besluit
# BOSA dryf hervormings vir gelyke betaling met openbare kommentaar wat begin
# En tennis, Andreeva klop Baptiste om deur te dring na die Madrid Ope se eindstryd
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrikaners sal die uitslag bepaal van die munisipale verkiesing op 4 November. Hy het gepraat oor die moontlikheid van koalisieregerings en beklemtoon dat stembriewe en nie leiers nie die uitslag sal bepaal. Ramaphosa sê die regering sal die mense se besluit respekteer en voortgaan om te dien, ten spyte van die uitslag. Hy sê samewerking is noodsaaklik in munisipaliteite waar geen volstrekte meerderheid behaal word nie:
Intussen kritiseer die MK-party Ramaphosa se aankondiging van die verkiesingsdatum. Woordvoerder Nhlamulo Ndhlela het kommer uitgespreek oor die Verkiesingskommissie en voer vermeende stelselonderbrekings en onregmatighede tydens die 2024-verkiesing aan. Die party betwis steeds die uitslag in die hof en vra aanspreeklikheid. Hy waarsku dat openbare vertroue in toekomstige verkiesings ondermyn kan word.
# Build One South Africa sê sy Wetsontwerp op Billike Betaling is amptelik in die Staatskoerant gepubliseer vir openbare insette. Die party sê ter viering van Werkersdag beoog die voorgestelde wet om salarisgelykheid aan te pak deur werkgewers te verbied om geskiedkundige salarisse te gebruik, vergoedingsverwagting in advertensies te plaas en gelyke betaling vir gelyke werk te versterk. Nobuntu Hlazo-Webster van BOSA sê die hervormings is daarop gemik om deursigtigheid en regverdigheid in die arbeidsmark te verbeter, veral vir jongmense en voorheen benadeelde groepe:
# Die GOOD-party sê die uitspraak van die Hooggeregshof in die Wes-Kaap moet as ‘n geleentheid deur die Stad Kaapstad gebruik word om sy tariefstelsel te hervorm en sy begroting te hersien. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, voer aan die munisipaliteit moet nie appèl aanteken nie, maar eerder ‘n nuwe benadering ontwikkel wat aan die wet voldoen en verseker dat inwoners betaal vir die werklike gebruik van dienste:
# Die familie van die voormalige Zambiese president, wyle Edgar Lungu, het ‘n uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom dat sy liggaam na ʼn AVBOB-lykshuis in Pretoria-Oos geneem mag word. ʼn Woordvoerder, Makebi Zulu, sê die besluit sal help om misverstande op te klaar terwyl die begrafnis-geskil in die hof voortgaan. Hy sê toegang tot die liggaam sal beperk word tot naaste familie terwyl ander partye vooraf toestemming by die hof moet kry:
# En tennis: ʼn Vasberade Mirra Andreeva het Hailey Baptiste gister in ʼn spannende wedstryd verslaan om die Madrid Ope se eindstryd te haal. Die 24-jarige Baptiste het die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka, in die kwarteindronde uitgeskakel, maar teen die negende gekeurde Andreeva vasgeval. Andreeva, wat Woensdag haar 19de verjaardag gevier het, kom nou teen Marta Kostyuk van Oekraïne te staan wat Anastasia Potapova in die tweede halfeindstryd afgeransel het. Kostyuk speel in haar eerste WTA 1000-eindstryd.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….