Nuus 11:00
BULLETIN 18 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA vra deursigtigheid oor Suid-Afrika se brandstofreserwes te midde van die konflik in die Midde-Ooste
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge vra provinsies om swart-ekonomiese bemagtigings-premies uit hul begrotings te verwyder
# En gholf: Louis Oosthuizen plaas nie druk op sy span vir die eerste LIV-toernooi in Afrika nie
# Die DA vra die minister van Minerale en Petroleum-hulpbronne, Gwede Mantashe, om deursigtig te wees oor Suid-Afrika se brandstofreserwes. Hy het die land Maandag verseker dat daar nie paniek hoef te wees oor moontlike brandstoftekorte weens die konflik in die Midde-Ooste nie. James Lorimer van die DA sê volgens wet moet daar te alle tye twee maande se voorraad in reserwe wees:
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge vra provinsies om swart-ekonomiese bemagtigingspremies uit hul begrotings te verwyder. Volgens die organisasie verhoog hierdie verborge koste die pryse van regeringsprojekte, van skole tot klinieke, en kan tot 150-miljard-rand kos. Hy waarsku swart-ekonomiese bemagtigingspremies het voorheen dienslewering benadeel en korrupsie aangemoedig. Makone Maja van die instituut sê indien die premies gesny word kan miljarde-rand bespaar word en pogings ondersteun om BTW te verminder.
# Gauteng se LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, gaan vandag ʼn regsfirma aanwys om die dood van ʼn graad 5-leerder van Reagile Primary School in Tembisa te ondersoek. Milton Mokgoatsane is verlede maand deur ʼn vallende doelpaal op die sportterrein getref. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê hulle is vasberade om antwoorde vir Milton se familie kry:
Nuus uit die buiteland:
# Altesaam 4,9-miljoen kinders jonger as vyf jaar is in 2024 dood, insluitend 2,3-miljoen pasgeborenes, en die meeste van dié sterftes kon voorkom word. ‘n Verslag deur die Verenigde Nasies se Tussenagentskapgroep vir die Beraming van Kindersterftes toon dat vordering gemaak is om teen 2030 voorkombare sterftes onder jong kinders te beperk. Dié syfer het sedert 2015 met 60-persent afgeneem. Die belangrikste bevindings sluit in dat meer as 100-duisend kinders tussen ‘n maand en vyf-jaar regstreeks dood is weens akute wanvoeding. Die meeste sterftes was in Pakistan, Somalië en Soedan.
# Gholf: Kaptein Louis Oosthuizen plaas nie onnodige druk op homself of enige van sy Southern Guards GC-spanmaats wanneer ‘n LIV-gholftoernooi hierdie week die heel eerste keer in Suid-Afrika plaasvind nie. Meer as 90-duisend toeskouers sal van môre tot Sondag die toernooi in Steyn City in Johannesburg bywoon. Die Suid-Afrikaners Charl Schwartzel, Dean Burmester en Branden Grace is ook in die span. Oosthuizen sê hulle wil hulle tuisvoordeel laat geld:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-60-sent teen die dollar, 19-rand-17-sent teen die euro en 22-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-930-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-en-12-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 98-dollar-90-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….