Nuus 11:00
BULLETIN 16 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Simelane sê die regering sal behoorlike behuising vir die oorlewendes van geslagsgeweld verskaf
# Eskom handhaaf steeds bykomende vermoë op sy kragnetwerk
# En rugby: Die Springbokke fokus nou op die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die regering beplan ‘n beleidsverklaring om prioriteitstoegang tot gesubsidieerde behuising uit te brei vir oorlewendes van geslagsgeweld en vrouemoord. Simelane het gepraat by die Ministriële Leierskapbetrokkenheid-vergadering vir Vroue van Menslike Nedersettings by Vryheidspark in Pretoria. Sy sê die aanbeveling sal geslagsgeweld-voorkoming integreer in stedelike behuisingsbeplanning, maatskaplik-ekonomiese beleid en belyning met die nuwe stedelike agenda. Die minister het die regering se verbintenis tot die versekering van veilige, waardige behuising vir oorlewendes herbevestig:
# Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, doen ‘n beroep op die raad van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om nie die goeie werk wat deur die administrateur, Hlengani Mathebulain, gedoen is, ongeldig te maak in ‘n poging om die uitdagings wat die skema in die gesig staar, op te los nie. Die Hooggeregshof in Pretoria het Vrydag die aanstelling van Mathebula opgeskort en die ontbinde NSFAS-raad herstel. Makaneta sê hy respekteer die hof se beslissing:
# Eskom sê hy handhaaf steeds bykomende kapasiteit op die kragnetwerk, met drie-duisend-363 megawatt in reserwe weens ‘n oormaat opwekkingskapasiteit, wat verder verseker dat die kragstelsel aan die vraag kan voldoen. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die gemiddelde vlak van onbeplande onderbrekings het verlede week tot ses-duisend-653-megawatt afgeneem, vergeleke met elf-duisend-982-megawatt in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar, ‘n vermindering van vyf-duisend-329-megawatt. Sy sê dié verbetering is amper gelykstaande aan die gesamentlike opwekkingsvermoë van die Camden- en Kriel-kragstasies:
# Marokkaanse owerhede het meer as 100 migrante aangehou wat probeer het om Spanje se Noord-Afrika-staatsgebied, Ceuta, te bereik. Veiligheidsbronne sê 111 mense is by Fnideq, naby die grens, aangehou, waarvan die meeste uit Afrika suid van die Sahara kom. Polisie en beamptes met onluste-toerusting, het traangas gebruik om groepe wat op nabygeleë heuwels bymekaar gekom het, uitmekaar te jaag. Sekuriteit is verhoog nadat massas Ceuta twee weke gelede oorval het met 78-duisend migrante wat per see aangekom het. Marokko sê hulle monitor oproepe op sosiale media vir nog ‘n massa-insypeling en waarsku dat organiseerders en deelnemers vervolg kan word.
# Sportnuus:
# Rugby: Die Springbokke het begin met hul voorbereidings vir die vier toetse in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen Nieu-Seeland. Afrigter Rassie Erasmus sê die groep het goed herstel na verlede week se 17-10 oorwinning oor Argentinië. Die span het Maandag en Dinsdag na Suid-Afrika teruggekeer en het ‘n groot deel van die week gerus voordat hulle Vrydag en Saterdag voluit begin oefen het. Die reeks begin op 22 Augustus op Ellispark, gevolg deur toetse in Kaapstad, Johannesburg en Baltimore in die VSA. Erasmus sê die Bokke is gereed vir die uitdaging en sal hul voorbereidings gedurende die week afrond.
# En tennis: Novak Djokovic is vroeg uitgeskakel by die Cincinnati Meesters toe hy in drie stelle teen Thiago Tirante van Argentinië verloor het. Die 24-malige Grand Slam-kampioen het die eerste stel 6-2 gewen, maar het gesukkel met die hitte en humiditeit, terwyl Tirante teruggeveg het om die volgende twee stelle 6-4, 6-4 in te palm. Djokovic het moeg gelyk in die tweede stel en moes mediese behandeling ontvang voordat hy voortgegaan het. Ondanks genoegsame herstel om in die beslissende stel mee te ding, kon hy nie ‘n nederlaag voorkom nie. Die 39-jarige sal nou fokus op voorbereiding vir die Amerikaanse Ope, wat op 30 Augustus begin.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….