Nuus 11:00
BULLETIN 24 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party bring ‘n dringende hofaansoek om die uitbetaling van Shamila Batohi se pensioen te verhoed
# Die Britse Konserwatiewe Party-leier sê die gewese ambassadeur Mandelson se inhegtenisneming is ‘n bepalende oomblik vir eerste minister Starmer
# En Paralimpiese Spele: Oekraïnse atlete is aangemoedig om nie die Winterspele se openingseremonie te boikot nie
# Die MK-party het ‘n dringende aansoek in die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om te verhoed dat die gewese Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, se pensioen en ander fooie uitbetaal word. Die MK-party eis ook dat die hof die besluit omkeer om haar regskoste voor die Nkabinde-ondersoek te befonds. Die kommissie ondersoek die geskiktheid van die hoof van die Suid-Gautengse Vervolgingsgesag, Andrew Chauke, om die amp te beklee. Die MK-party sê hy is bekommerd oor Batohi se gedrag tydens die ondersoek en beweer dat sy willens en wetens vals of misleidende verklarings onder eed gemaak het.
# Tax Justice South Africa waarsku die minister van Finansies, Enoch Godongwana, teen die verhoging in sonde-belasting in môre se begroting voor onwettige handel aandag gekry het. Leier Yusuf Abramjee sê misdaadsindikate beheer nou 75-persent van sigarette en 18-persent van alkohol, en kos die staat jaarliks miljarde-rand. Aksynsverhogings sonder sterker wetstoepassing, grensbeheer en vervolging sal misdadigers verryk en belastingbetalers benadeel. Abramjee vra die Tesourie moet eers die onwettige ekonomie uitdaag:
# RISE Mzansi het die Gautengse provinsiale rede en die voorkeure wat daarin uiteengesit is, verwelkom. Premier Panyaza Lesufi het die rede gisteraand in die Nasrec-uitstalsentrum gelewer en hoofsaaklik klem gelê op die waterkrisis, gereelde kragonderbrekings, die ekonomie, infrastruktuur en dienslewering. Vuyiswa Ramokgopa van RISE Mzansi sê dis bemoedigend om te sien baie van dié party se voorkeure is in Lesufi se toespraak weerspieël:
Nuus uit die buiteland:
# Die Britse Konserwatiewe leier, Kemi Badenoch, sê die inhegtenisneming van die gewese ambassadeur in Amerika, Peter Mandelson, is ‘n bepalende oomblik vir eerste minister Keir Starmer. Mandelson is aangekeer vir beweerde wangedrag in ‘n openbare amp en op borgtog vrygelaat. Hy het na bewering sensitiewe regeringsinligting aan die ontslape veroordeelde seksmisdadiger Jeffrey Epstein uitgelek terwyl hy minister van Sakeondernemings was. Badenoch sê Starmer se tyd is verstreke:
# Paralimpiese Spele: Die Internasionale Paralimpiese Komitee vra Oekraïnse atlete om nie die Winterspele se openingseremonie te boikot nie. Dit volg nadat die komitee sekere Russiese en Belarussiese atlete toegelaat het om onder hulle vlae en volksliedere aan die Spele deel te neem. Die Tsjeggiese Paralimpiese Komitee gaan ook die seremonie bokoit uit eendragtigheid met Oekraïne. Die internasionale komitee se president, Andrew Parsons, is bekommerd dat sulke situasies soms verpolitiseer word. Die Milano Cortina-Winterspele vind van 6 tot 15 Maart in Italië plaas.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-3-sent teen die dollar, 18-rand-88-sent teen die euro en 21-rand-61-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-243-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-166-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie-71-dollar-54-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….