Nuus 11:00
BULLETIN 19 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Lamola beklemtoon die uitdagings om Suid-Afrikaners wat na Rusland gelok is terug te bring
# OUTA sê Suid-Afrika het ‘n bestedingsprobleem en nie ‘n inkomsteprobleem nie
# En sokker: UEFA kondig ‘n ondersoek aan ná bewerings van rassisme teen Vinicius Junior
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die regering doen alles moontlik om die groep Suid-Afrikaners terug te bring wat onder vals voorwendsels na Rusland gelok is. Vier van die 17 mans wat gelok is om in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne te veg, het gister op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng aangeland. Lamola het aan die SABC gesê dit was ‘n moeilike proses:
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik moedig die regering aan om op bestedings-dissipline te fokus in plaas daarvan om belasting te verhoog in vanjaar se begroting. OUTA sê Suid-Afrika se fiskale uitdagings word veroorsaak deur verkwistende besteding, korrupsie en reddingsboeie vir mislukte staatsinstellings, en nie deur ‘n gebrek aan inkomste nie. Uitvoerende hoof Wayne Duvenage sê die herstel van dissipline en die bekamping van korrupsie sal vertroue verhoog en ekonomiese herstel ondersteun:
# Die mynwerkersvakbond NUM vra dringende, gestruktureerde raadpleging tussen georganiseerde arbeid en die taakspan van die Nasionale Energiekrisiskomitee. Die taakspan sal aandag gee aan verskeie kwessies oor Eskom se herstrukturerings-proses, insluitend duidelike tydsraamwerke vir sy gefaseerde inwerkingstelling. Eskom word geherstruktureer om ‘n volledig onafhanklike staatsbeheerde transmissie-instelling te vestig. NUM sê die regering moet ‘n deursigtige en definitiewe plan verskaf wat aandag gee aan finansiële gevare, oorkruis-wanbetalings-versagting en vergoedings-reëlings met betrekking tot die herstrukturerings-proses.
Nuus uit die buiteland:
# Die Withuis sê die Amerikaanse president, Donald Trump, het nog nie ‘n finale besluit geneem oor ‘n moontlike militêre aanval op Iran nie. Trump het volgens berigte moontlikhede oor ‘n aanval met sy raadgewers bespreek. ‘n Gesamentlike aanval deur Amerika en Israel kan glo reeds Saterdag plaasvind. Die Withuis se woordvoerder, Karoline Leavitt, sê Trump hoop steeds op ‘n diplomatieke oplossing rakende Teheran se kernprogram:
# Sokker: UEFA het ‘n etiese- en dissiplinêre inspekteur aangestel om Real Madrid se vleuel, Vinicius Junior, se bewerings van rassistiese opmerkings teen Benfica se speler, Gianluca Prestianni, te ondersoek. Die Brasiliaan het die beweerde ootreding by die skeidsregter aangemeld, wat daartoe gelei het dat die eerste gedeelte van Dinsdag se Kampioeneliga-uitklopwedstryd vir tien minute opgeskort is. Madrid het uiteindelik 1-0 gewen. Prestianni, wat die bewering ontken, kan vir tien wedstryde geskors word indien hy ingevolge UEFA se gedragskode skuldig bevind word.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-4-sent teen die dollar, 18-rand-92-sent teen die euro en 21-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-126-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-en-18-dollar-76-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie-69-dollar-98-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….