Nuus 11:00
BULLETIN 24 Desember 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê 2025 was ‘n keerpunt in die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord
# Die IVP-president vra alle staatsliggame om steun teen geslagsgeweld te verskerp
# En, die ACDP sê die Gautengse drankraad het die Bekkersdal-gemeenskap in die steek gelaat
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê 2025 was ‘n keerpunt in die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. President Cyril Ramaphosa het geslagsgeweld verlede maand as ʼn nasionale ramp verklaar omdat meer as 35-persent Suid-Afrikaanse vroue van 18 en ouer fisiese of seksuele geweld in hul leeftyd ervaar. Mashatile sê hierdie erkenning beklemtoon dat die krisis basiese grondwetlike regte tot waardigheid, lewe en veiligheid skend:
Die president van die IVP, Velenkosini Hlabisa, het intussen die dringende en voortgesette verantwoordelikheid beklemtoon om geslagsgeweld en vrouemoord aan te spreek. Hy sê 16 dae alleen is nie genoeg om die plaag te bestry nie. Hlabisa sê met geslagsgeweld en vrouemoord wat nou as ‘n nasionale ramp geklassifiseer is, moet alle staatsliggame hul steun vir bestaande reaksiestrukture en ingrypings verskerp:
# Die ACDP sê die Gautengse drankraad moet drankwette in die Rand West-munisipaliteit afdwing. Die eienaar van die Bekkersdal-taverne waar tien mense onlangs doodgeskiet is, staar strafregtelike klagte in die gesig ná ʼn ondersoek na die onderneming se wettigheid. Xoliwe Batalisi van die ACDP sê indien die drankraad harder probeer het om onwettige tavernes te sluit, sou Sondag se grusame aanval nie plaasgevind het nie:
# Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, sê Kersfees sal vanjaar anders voel vir landsburgers na die terreuraanval op Joodse Australiërs tydens ‘n Hannukah-viering op Bondi Beach. Die anti-semitiese slagting verlede Sondag het die lewens van 15 mense geëis. Albanese het die land se inwoners in sy Kersboodskap gevra om saam te staan en ‘n boodskap van hoop en veerkragtigheid aan te gryp:
# Rugby: Die Walliese Rugby-unie sê hy het meer tyd nodig om eenstemmigheid te bereik oor die besluit of die beroepspel van vier na drie streekspanne verminder moet word. Die unie het in Oktober aangekondig hy sal drie lisensies toestaan: een vir ʼn span in Cardiff, een vir ʼn span in die weste en een in die ooste. Die beheerliggaam het gehoop om teen die einde van hierdie jaar konsensus te bereik. Onderhandelinge met Ospreys, Scarlets, Cardiff en Dragons duur egter voort. Die unie sê ʼn volhoubare en mededingende professionele spel is nodig.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-65-sent teen die dollar, 19-rand-64-sent teen die euro en 22-rand-51-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 86-duisend-951-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-492-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 61-dollar-97-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….