Nuus 11:00
BULLETIN 30 June 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Weermag waarsku anargiste te midde van betogings teen immigrasie
# Adjunkminister Singh sê klimaatsbefondsing is ‘n instrument van globale geregtigheid en gedeelde verantwoordelikheid
# En krieket: Kaptein Wolvaardt vra ‘n sterk kolfvertoning van die Protea-vroue in die T20-Wêreldbeker-halfeindstryd
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê soldate is in al nege provinsies ontplooi om die polisie by te staan om wet en orde te handhaaf. Dit kom terwyl groepe teen onwettige immigrasie na verwagting vandag landwyd optogte sal hou om optrede teen ongedokumenteerde buitelanders te eis. Weermag-woordvoerder Joseph Tyahalis sê die owerhede sal nie pogings duld om die staat se gesag te ondermyn nie:
Intussen sê die Suid-Afrikaanse nasionale burgerlike organisasie, SANCO, hulle ondersteun gemeenskapsbekommernisse oor onwettige immigrasie en beweer dit beïnvloed werksgeleenthede, klein sakeondernemings, veiligheid en basiese dienste. Hoofsekretaris Lemias Mashile het die regering versoek om immigrasiewette strenger af te dwing en Suid-Afrikaners eerste te beskerm:
# Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Narend Singh, sê die instelling van die Wet op Klimaatsverandering is ‘n beduidende stap in die versterking van Suid-Afrika se reaksie op versagting en aanpassing. Die wetgewing is daarop gemik om die land na ‘n lae-koolstof en klimaatsveerkragtige toekoms te lei. Singh sê klimaatsbefondsing moet nooit as liefdadigheid beskou word nie, maar as ‘n instrument van globale geregtigheid en gedeelde verantwoordelikheid. Hy het ontwikkelende lande gevra om die nodige hulpbronne te verseker, ten einde volhoubare ontwikkeling na te streef terwyl hulle aanpas by die uitwerking van klimaatsverandering.
# Die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het ‘n reeks maatreëls goedgekeur wat gemik is op sy ondersteuning van Madagaskar se politieke hervormingsproses. Tydens ʼn buitengewone virtuele SAOG-beraad is besluit om sy paneel van uudstes se mandaat uit te brei en ʼn skakel-kantoor in Antananarivo te open. SAOG se voorsitter, president Cyril Ramaphosa, sê politieke hervorming in Madagaskar moet as ʼn oorgangsproses gesien word wat binne ʼn bepaalde tydraamwerk lei tot die herstel van grondwetlike orde en demokratiese verkiesings:
# Krieket: Die kaptein van die Protea-vroue, Laura Wolvaardt, het haar span gevra vir ‘n dapper kolfvertoning in Donderdag se T20-Wêreldbeker-halfeindstryd teen Engeland op die Oval in Londen. Suid-Afrika het gesukkel om ‘n middelmatige teiken te jaag tydens Sondag se laaste groepswedstryd teen Bangladesj op Lord’s, en Wolvaardt is veral gefrustreerd omdat sy vir ‘n nulletjie uitgehaal is. Sy is vasbeslote om Donderdag van voor af te lei. Australië en die Wes-Indiese Eilande pak mekaar in vandag se eerste halfeindstryd, met die eindstryd wat Sondag plaasvind.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-42-sent teen die dollar, 18-rand-73-sent teen die euro en 21-rand-74-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-465-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-29-dollar-33-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 73-dollar-35-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….