Nuus 11:00
BULLETIN 21 Desember 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Holomisa dring aan op ‘n hernude stryd teen korrupsie in 2026
# SANTACO verwelkom die daling in feesgety-padsterftes
# En Gholf: Jarvis en Gerard in stryd vir glorie by die Mauritius Ope
# Die leier van die United Democratic Movement, Bantu Holomisa, vra vir ‘n volgehoue stryd teen korrupsie terwyl die land voorberei vir die nuwe jaar. Holomisa sê kabinetsbesluite en besprekings oor die regering van nasionale eenheid in 2025 het dit duidelik gemaak dat korrupsie beslissend bekamp moet word. Holomisa het verskerpte optrede deur die regstelsel verwelkom en dring aan meer hulpbronne moet vir die Nasionale Vervolgingsgesag, die Valke en die Spesiale Ondersoekeenheid beskikbaar gestel word. Hy doen ‘n beroep op verantwoordbaarheid:
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad het die minister van Vervoer se middeltermyn-feesseisoen-padveiligheidsoorsig verwelkom na aanleiding van ‘n afname van 20,9-persent in noodlottige ongelukke en ‘n afname van 20,8-persent in sterftes. SANTACO se nasionale woordvoerder, Mmatshikhidi Rebecca Phala, sê die syfers toon vordering deur wetstoepassing en opvoeding, maar waarsku lewensverlies is steeds ‘n bron van kommer. Sy doen ‘n beroep vir padwaardige voertuie, bestuurdersdissipline en gedeelde verantwoordelikheid om te verseker dat elke reis veilig eindig:
# Die nuutverkose president van die Suid-Afrikaanse Sokkerspelersunie, Thulani Hlatshwayo, het hoë verwagtinge vir Bafana Bafana gestel by vanjaar se Afrikabekertoernooi in Marokko. Hlatshwayo het die span, onder leiding van kaptein Ronwen Williams, aangespoor om voort te bou op vorige AFCON-suksesse. Bafana Bafana speel môre teen Angola in hul eerste Groep B-wedstryd. Hy ook ‘n onlangse bonusooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging uitgelig en voortgesette ondersteuning vir spelers belowe, met die klem op die doelwit om die trofee huis toe te bring.
# Die Venezolaanse regering het die beslaglegging van ‘n olietenkskip veroordeel en beskryf dit as ‘n ernstige daad van internasionale seerowery. Caracas het gesê hy sal dit aan die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, ander multilaterale organisasies en regerings rapporteer. Die Amerikaanse minister van Binnelandse Veiligheid, Kristi Noem, het die beslaglegging Saterdag bevestig. Dit volg nadat president Donald Trump ‘n “blokkade” aangekondig het van alle gesanksioneerde olietenkers wat Venezuela binnekom en verlaat. Die optrede volg te midde van ‘n groot Amerikaanse militêre opbou in die streek.
# Gholf: Casey Jarvis van Suid-Afrika en die Amerikaner Ryan Gerard is die gesamentlik die voorlopers in vandag se laaste ronde van die Mauritius Ope. Hulle het Saterdag se ronde een hou voor Alexander Levy van Frankryk en twee houe voor Jayden Schaper van Suid-Afirka voltooi. Jarvis het twee oorwinnings in drie toernooie van die Sonskyn-reeks behaal en jaag nou sy eerste DP World Tour-titel. ‘n Sege vir Gerard sal hom onder die eerste 50 op die amptelike Wêreld-gholfranglys plaas en hy sal kwalifiseer vir ‘n Meesters-uitnodiging vir volgende jaar.
# Toeriste wat naby Rome se Trevi-fontein wil kom, sal binnekort ‘n fooi van 40-rand moet betaal, aangesien owerhede meer wins wil maak uit Italië se vele besienswaardighede. Die burgemeester, Roberto Gualtieri, het aan verslaggewers gesê die nuwe betalingstelsel sal op 1 Februarie in werking tree, en bygevoeg dat die maatreël na verwagting 127-miljoen-rand per jaar sal inbring. Burgers van Rome sal steeds gratis toegang tot die fontein hê. Die Trevi-fontein, waar tradisie bepaal dat besoekers ‘n muntstuk in die water gooi om hul terugkeer na Rome te waarborg, is lank reeds ‘n belangrike toeriste-aantreklikheid.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….