Nuus 11:00
BULLETIN 22 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa sê onderwys is ‘n kragtige wapen om die siklus van armoede tussen geslagte te verbreek
# ‘n Grondstorting in suidwestelike China begrawe minstens 47 mense
# En tennis, Dayana Yastremska en Linda Noskova haal die eerste Grand Slam-kwarteindrondes van hul onderskeie loopbane
# President Cyril Ramaphosa sê onderrig is baie meer as persoonlike verbetering of om ‘n werkskwalifikasie te behaal; dit is ‘n leer waarmee mens uit armoede kan klim. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief die prestasies van verlede jaar se matrieks toon die regering se vordering om onderwys meer toeganklik en gelyk te maak. Ramaphosa sê die regering volhard met sy reuse-belegging in die verbetering van skoolinfrastuktuur, insluitend sanitasie vir skole en ondersteuningsmateriaal aan ouers en leerders in arm gebiede.
Die Activists and Citizens Forum doen intussen ‘n beroep op Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, om sy irriterende populisme te staak. Dit volg nadat die premier sy oproep herhaal het dat die regering die Onafhanklike Eksamenraad se eksamen skrap en net een matriekeksamen toelaat. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê dis baie vreemd dat Lesufi eis dat die regering wegdoen met die twee graad 12-sertifikate, maar intussen steeds die ontwikkeling van aparte behuising bevorder:
# As die publiek se frustrasie in ag geneem word met die korrupsie en onbevoegdheid wat Suid-Afrika se potensiaal wegvreet, is dit nie ʼn verrassing dat politieke partye sal probeer om oplossings aan kiesers te bied nie. Dit is die mening van die politieke ontleder, Mpumelelo Mkhabela. Politieke partye praat gedurig oor korrupsie en die behoefte aan etiese leierskap by openbare instellings. Mkhabela sê in ʼn meningstuk vir News24 die werklikheid is dat enigiemand die belofte kan maak om ontslae te raak van korrupsie en onbevoegdheid, maar vir ʼn kieser wat kan onderskei, gee geloofwaardigheid die deurslag.
# Soek- en reddingspogings is aan die gang nadat sowat 47 mense vermoedelik begrawe is tydens ʼn grondstorting in China se suidwestelike Yunnan-provinsie. Meer as 500 mense in die streek moes hul huise verlaat, maar daar is geen onmiddellike berigte van sterftes of beserings nie. Grondstortings wat dikwels veroorsaak word deur reën of onveilige bouwerk, is nie ongewoon in China nie. Minstens 70 mense is verlede jaar in grondstortings dood. Dit sluit meer as 50 in by ʼn oopgroefmyn in Binne-Mongolië.
# Tennis: Die kwalifiseerder Dayana Yastremska van Oekraïne is deur na die eerste Grand Slam-kwarteindronde van haar loopbaan nadat sy die tweemalige kampioen, Victoria Azarenka van Belarus, op die Australiese Ope verslaan het. Die 23-jarige Yastremska het die wêreld se voormalige nommer een met 7-6 en 6-4 geklop. Die Tsjeggiese tiener Linda Noskova is ook deur na haar eerste Grand Slam-kwarteindronde nadat Elina Svitolina van Oekraïne weens ʼn rugbesering aan hulle wedstryd in die ronde van 16 moes onttrek. Yastremska sê sy moes alles uithaal om Azarenka te klop:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-10-sent teen die dollar, 20-rand-83-sent teen die euro en 24-rand-28-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 41-duisend-114-dollar-14-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-21-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-10-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….