Nuus 11:00
BULLETIN 19 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mashatile vra G20-lande om hulle rampveerkragtigheid te versterk en skuldvolhoubaarheid te verseker
# Die Gesamentlike Bedryfs- en Veiligheidstruktuur is gereed om die G20-leiersberaad se veiligheid te verseker
# En rugby: Mostert se rooikaart teen Italië is na geel afgradeer
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die fondament van Suid-Afrika se G20-presidentskap is sy verbintenis tot die versterking en hervorming van internasionale finansiële argitektuur, asook die verdieping van internasionale ekonomiese samewerking. Die land berei hom voor vir naweek se G20-leiersberaad in Johannesburg. Mashatile het G20-lande versoek om rampweerbaarheid en -reaksie te versterk, skuldvolhoubaarheid vir lae-inkomstelande te verseker, en finansiering te mobiliseer vir ‘n regverdige energie-oorgang. Hy sê die land volg ‘n Afrosentriese leierskapsmodel wat inklusiwiteit en deelname beklemtoon.
Die Nasionale Gesamentlike Bedryfs-en Intelligensiestruktuur sê intussen hy vertrou die veiligheid- en sekerheids-voorbereiding vir die G20-leiersberaad wat die naweek in Johannesburg plaasvind. Twee-en-veertig lande sal verteenwoordig word, met wêreldleiers soos die Franse president, Emmanuel Macron, Indië se eerste minister, Narendra Modi, en die Japannese eerste minister, Sanae Takaichi, wat dit bywoon. Die struktuur se voorsitter, Tebello Mosikili, waarsku wetteloosheid sal nie geduld word nie:
# Die ANC vra die Parlement om die Beskermingswetsontwerp vir Verklikkers te bespoedig om die veiligheid van informante te verseker. Die party sê die beskerming van verklikkers is noodsaaklik om korrupsie uit te roei, wetstoepassing te beskerm en staatsinstellings te versterk. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het tydens ‘n nuuskonferensie oor die uitkomste van die nasionale uitvoerende komiteevergadering gesê die beskerming van verklikkers sal help om korrupsie en misdadigheid te ontbloot terwyl dit aanspreeklikheid binne die regering en polisie versterk:
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die toename in terroristegroepe is nie net ‘n werklikheid in Afrika nie, maar wêreldwyd. Volgens die Globale Terreur-aanwyser is vyf van die tien lande wat die meeste deur terrorisme geraak word, in die Sahel-streek, wat verantwoordelik is vir 19-persent van wêreldwye terreur-aanvalle en meer as die helfte van terrorisme-slagoffers. Guterres sê ‘n logiese ontwikkelingstrategie teen die onderliggende dryfvere van ekstremisme is dringend nodig:
# Rugby: Die Springbok-slot Franco Mostert se permanente rooikaart in verlede naweek se toets teen Italië is herroep, wat hom beskikbaar maak vir Saterdag se kragmeting met Ierland in Dublin. Hy is in die 12de minuut in Turyn afgestuur, wat die Bokke gedwing het om die res van die wedstryd met slegs 14 spelers te speel. Hulle het nietemin 32-14 gewen. ‘n Tugkomitee het bevind dat die wedstrydbeamptes ‘n fout gemaak het, en die rooikaart na geel afgradeer. Afrigter Rassie Erasmus kondig môre sy span aan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-15-sent teen die dollar, 19-rand-88-sent teen die euro en 22-rand-55-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 91-duisend-170-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-89-dollar-64-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-23-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….