Nuus 11:00
BULLETIN 17 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Kommer neem toe oor Suid-Afrika se verkiesingstelsel wat al meer in twyfel getrek word [KLANK]
# Die Amerikaanse Senaat verwerp ‘n voorstel oor menseregteskendings in Gaza
# En tennis, Ons Jabeur en Caroline Wozniacki word albei in die Australiese Ope uitgeskakel
# Die politieke ontleder Amanda Gouws waarsku teen onlangse retoriek wat Suid-Afrika se verkiesingstelsel in twyfel trek, en sê dis gevaarlik. Haar reaksie volg op stellings deur oudpresident Jacob Zuma en die ANC se voormalige sekretaris-generaal, Ace Magshule, wat bespiegel het oor die moontlikheid van verkiesingsbedrog en kommer oor die verkiesingsproses uitgespreek het. Gouws sê sulke uitlatings hou ‘n bedreiging in vir die demokrasie:
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het intussen vyf-miljoen-rand toegeken aan politieke partye wat in die Parlement verteenwoordig word, en die ANC kry die grootste deel daarvan. Dit is in ooreenstemming met die regulasies wat die veelpartydemokrasie-fonds beheer. Die OVK het aan News24 gesê die geld sal aan elke party toegeken word volgens die formule van proporsionele deling, wat beteken 67-persent proporsionele aandeel en 33-persent gelyke aandeel. Hy sê die formule van proporsionele deling is gegrond op die aantal setels of verteenwoordiging wat die party in die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers het.
# Die DA in KwaZulu-Natal het kommer uitgespreek oor die groot aantal gevalle van kullery tydens die matriek-eindeksamen in die provinsie. Umalusi wat verantwoordelik is vir gehaltebeheer het bewyse bekend gemaak van groepe, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en Mpumalanga, wat afgeskryf het. Altesaam 763 gevalle is in KwaZulu-Natal aangemeld. Die Departement van Basiese Onderwys maak môre die Nasionale Seniorsertifikaat se uitslae bekend. Imran Keeka van die DA sê die departement moet sekerheidsmaatreëls by eksamensentrums verskerp:
# Die Amerikaanse senaat het ‘n voorstel verwerp wat die Departement van Buitelandse Sake sou verplig om menseregteskendings aan te meld wat dalk kon plaasvind wanneer Amerikaanse toerusting in die oorlog in Gaza gebruik word. Die voorstel, wat met 72 stemme teen elf verwerp is, is deur die progressiewe onafhanklike, Bernie Sanders, gelei. Amerika gee jaarliks sekerheidshulp ter waarde van 72-miljard-rand aan Israel. Dit wissel van vegvliegtuie tot kragtige bomme. Sanders sê die voorstel was die begin van pogings om die oorlog se verwoesting te beperk:
# Tennis: Die sesde gekeurde driemalige Grand Slam-finalis Ons Jabeur en die 2018-kampioen, Caroline Wozniacki, is in die tweede ronde van die Australiese Ope uitgeskakel. Die 16-jarige Rus Mirra Andreeva het Jabeur van Tunisië onkant betrap met 6-stroop, 6-2. Die Russiese kwalifiseerder Maria Timofeeva was een stel agter toe sy teruggeveg en Wozniacki van Denemarke 1-6, 6-4, 6-1 geklop het. Die wêreld nommer vier, Coco Gauff van Amerika, het haar landgenoot Caroline Dolehide, 7-6, 6-2, geklop om na die derde ronde in Melbourne deur te dring.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-5-sent teen die dollar, 20-rand-69-sent teen die euro en 24-rand-6-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-778-dollar-82-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-18-dollar-32-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-59-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….