Nuus 11:00
BULLETIN 26 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa word versoek om die polisiebeamptes wat by die Madlanga-kommissie betrek word, te verwyder
# Tax Justice SA vra vir optrede teen onwettige drankhandel
# En krieket: Die Proteas kom nou teen Engeland te staan in die Wêreldbeker-halfeindronde
# Die Activists and Citizens Forum doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa en waarnemende polisieminister, Feroz Chachalia, om onmiddellik alle polisiebeamptes wat by die Madlanga-kommissie van ondersoek betrek word by politieke inmenging, te verwyder. Die Forumwoordvoerder, Dennis Bloem, sê die plofbare getuienis van getuies A, B en C by die Madlanga-kommissie moet nie ligtelik opgeneem word nie. Hy sê die getuies het baie ernstige bewerings teen senior polisiebeamptes gemaak en bewyse gelewer:
# Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê hulle eis ‘n onmiddellike tariefverlaging en grondliggende herstrukturering van Suid-Afrika se kragprysstelsel. Die federasie sê oor die afgelope 15 jaar het tariewe met meer as 500-persent gestyg, terwyl lone gestagneer het en werkloosheid tot 43-persent toegeneem het. SAFTU se woordvoerder, Asive Dyani, sê miljoene huishoudings kies reeds tussen voedsel en elektrisiteit, terwyl munisipaliteite verdere bybetalings ophoop:
Intussen het SAFTU Eskom se aankondiging sterk veroordeel om teen Maart 2026 ‘n halfmiljoen slimmeters te installeer, ten spyte daarvan dat hulle slegs 278-duisend in voorraad het. Dyani, sê dié Eskom-plan is teen-armoede, en ‘n inkomstegedrewe obsessiewe beleid wat invordering bo diens, straf bo solidariteit en winste bo mense plaas:
# Tax Justice South Africa waarsku dat die land gevaar loop om dieselfde rampspoedige foute wat met sigarette gemaak is, te herhaal tensy dringende stappe gedoen word om die land se florerende onwettige drankhandel te stop. Die stigter van Tax Justice, Yusuf Abramjee, sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die polisie het die week aan die Parlement gesê ‘n volskaalse oorlog is nodig teen onwettige tabakhandel. Hy sê dieselfde misdaadnetwerke versterk nou hul greep op die alkoholmark:
# Sportnuus:
# Krieket: Die Protea-vrouespan het ‘n verpletterende sewe-paaltjie nederlaag teen Australië gely in hul laaste Wêreldbeker-ligawedstryd in Indore, Indië. Die linksdraaibouler Alana King het in ‘n asemrowende prestasie 7 paaltjies vir 18 platgetrek en die Proteas vir slegs 97 uitgehaal. Ondanks Laura Wolvaardt se vroeë aanval, het die middelorde in duie gestort. Australië het die teiken gemaklik in slegs 16,5 boulbeurte bereik. Beide spanne dring egter deur na die halfeindronde, met Suid-Afrika wat Woensdag teen Engeland te staan kom en Australië wat Donderdag teen die gasvrou Indië sake gaan uitspook.
# En motorsport: Lando Norris van McLaren het die voorste wegspringplek vir vandag se Mexikostad Grand Prix behaal, met die kampioenskapleier Oscar Piastri wat slegs agtste gekwalifiseer het. Norris het Charles Leclerc van Ferrari met 0,252 sekondes geklop toe hy onder druk pesteer in die kwalifiserende rondes. Hy het nou ‘n gulde geleentheid om sy agterstand van 14 punte in te haal teen sy spanmaat Piastri in die titelwedloop. George Russell van Mercedes het vierde gekwalifiseer, met Red Bull se Max Verstappen, wat 40 punte agter Piastri in die Bestuurderskampioenskap is, in die vyfde plek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….