Nuus 11:00
BULLETIN 25 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Bheki Cele waarsku die parool- en borgtogstelsel is ‘n kanker vir die samelewing
# Suid-Afrika deporteer 51-duisend mense
# En ActionSA sê wantrouemosies moet berus op ‘n geloofwaardige regeringsalternatief
# Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele het die land se parool- en borgtogstelsel as ‘n probleem vir die samelewing beskryf. Cele het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê dit dra by tot die stygende herhalingsmisdaadsyfers. Hy beklemtoon dat baie oortreders wat op parool vrygelaat word, terugkeer na misdaad, soms gemik op hul vorige slagoffers. Hy voeg by dat korrupsie binne die borgtogproses die probleem vererger, en het strenger toesig oor paroolgangers en strawwer implementering van bestaande wette aanbeveel:
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê Suid-Afrika is besig met die verskerping van die deportasies van ongedokumenteerde migrante namate die werkkrisis vererger. Die minister het in ‘n onderhoud met Bloomberg bevestig dat 51-duisend mense die afgelope jaar gedeporteer is, meer as Frankryk en Duitsland saam. Schreiber het aangevoer dat ongedokumenteerde migrante met Suid-Afrikaners meeding om skaars werk in ‘n land met een van die wêreld se hoogste werkloosheidsyfers. Hy het beklemtoon dat die land die situasie verantwoordelik bestuur, in ooreenstemming met maatskaplike samehorigheid.
# ActionSA in Gauteng het op ‘n brief van die DA gereageer waarin die party hul steun versoek vir ‘n voorgestelde mosie van wantroue in premier Panyaza Lesufi. Die DA het sy plan aangekondig om ‘n mosie teen Lesufi in te dien vir sy mislukte en duur Misdaadvoorkomingswagte-program. ActionSA se woordvoerder, Zwelithini Mtshali, sê mosies van wantroue moet berus op geloofwaardige regeringsalternatiewe, nie politieke teater nie. Hy sê ‘n suksesvolle mosie vereis ten minste 41 stemme in die 80-setel wetgewer:
# Die vakbond NEHAWU sê hulle staan in solidariteit met die mense van Kuba in hul stryd om die misdadige ekonomiese en finansiële blokkade teen die land deur die Verenigde State van Amerika op te hef. NEHAWU se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, sê volgende week sal die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies ‘n resolusie oorweeg en stem vir die beëindiging van die ekonomiese, kommersiële en finansiële embargo wat deur die VSA teen Kuba ingestel is:
# Sokker: Die Engelse Liga gaan Sheffield Wednesday onmiddellik met 12-punte straf nadat hy gister om administrasie aansoek gedoen het weens finansiële probleme. Die liga het die klub vroeër aangekla van verskeie oortredings van regulasies omdat hulle nie hul spelers se salarisse betyds betaal het gedurende vyf van die afgelope sewe maande nie. Dit het daartoe gelei dat ondersteuners dié week se tuiswedstryd teen Middlesbrough geboikot het. Sky Sports berig die klub skuld Brittanje se belastingagentskap meer as 23-miljoen-rand se uitstaande belasting.
# En ten slotte: Die vervaardigers van die meganiese leer wat in die diefstal in die Louvre-museum gebruik is, het ‘n ironiese advertensie gemaak om hulle skielike roem te benut. Die dag nadat diewe met van Frankryk se kroonjuwele weggekom het, het die firma ‘n foto geplaas van die meganiese leer binne ‘n polisie-kordon met die slagspreuk “wanneer jy vinnig moet beweeg”. Uitvoerende hoof Alexander Bocker het aan Sky News gesê die meganiese leer is misbruik vir die rooftog, maar swart humor het daaruit voortgevloei. Meer as 40-duisend mense het al die Instagram-plasing goedgekeur.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….